14/10/2026
Die Beste Krismis Party... ÓÓIT ten bate van Moeggesukkel was verlede jaar ‘n ongelooflike aand van geloof, hoop, liefde, lekker lag en ‘n spesiale aand waar almal vriende was.
Goeie Nuus. Van ons land se gewildste kunstenaars bied weereens hul ondersteuning en liefde vir Die Beste Krismis Party ÓÓIT 2026.
Sondag 6 Desember om 15h00 by die Moreletakampus Ouditorium.
As verlede jaar se konsert vir jou iets besonders was, gaan vanjaar selfs meer in jou hart, siel en wese inkruip.
Hierdie jaar is dit eenvoudig : Kom ons onthou die ware geskenk van kersfees.
Kunstenaars sluit in:
Steve Hofmeyr, Jo Black, EDEN, Bobby van Jaarsveld, Bernice West, Monique Steyn, Nadinè, Jan Blohm, Ghapi, Dozi en natuurlik ons gasvrou vanjaar, die beminde en geliefde Lindie Strydom.
Om ‘n verskil te maak in ander se lewens, bly ‘n reuse sielservaring so kom ons maak ‘n verskil hierdie Kersfees.
Sien julle op Sondag 6 Desember om 15h00 by Moreletakampus Ouditorium.
Kaartjies beskikbaar by: iTickets.co.za of volg die skakel
https://itickets.co.za/events/487430