04/08/2026
Hierdie heerlike amper-Lentekonsert bestaan uit stories in Afrikaans, asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring! Kaartjies👉 https://www.seatme.co.za/events/natanil-in-concert
Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
KAALKOPWINKEL: Nataniël se nuutste boek, SWEETIE, asook sy ander onlangse boeke, keramiek, kombuis-olies en kerse is by die vertoning beskikbaar. Charl du Pessis se twee splinternuwe cds sal ook beskikbaar wees.
Teaterstyl
85 minute
Geen pouse
Geen kinders onder 14