10/05/2026
'n Vreemdeling koop vir my Hot Chocolate
Sondag oggend, dit is Moedersdag en soos elke oggend voel die' een net bietjie meer spesiaal.
Ek was vanoggend wakker gemaak met 'n koffie reg om te gaan werk.
Ek sit met 'n baie siek kind by die huis, dit storm reen en die wind waai. My wasgoed net klaar gedoen wat gevoel het soos' n Maand sin. 10 000 probleme en dinge wat uit plek is. Die week was net iets anders. 'you know'.
In al sy chaos en dinge begin Ek setup soos kliente inkom om iets te kom eet by Spur. (Ek het ballonne gaan doen by Spur Suid, ultra city N1 Worcester)
Ek sien die paartjie inloop en gaan sit. Die vrou wat gaan sit is beeldskoon en haar man vat haar natuurlik uit om haar dag te vier.
Ek was amper klaar en Ek kyk op en die vrou sit 'n koppie hot chocolate op my tafel neer.
Ek was so verstom Dat die vrou Vida E toe geloop het en vir my (' n Vreemdeling) ' n hot chocolate gaan koop het. Sy Ken my nie, Ek ken haar nie. Sy se vir my Ek moet seker ook' n Ma wees.
Julle, een vrou, wat 'n ander een raak sien. Wat sy nie weet nie is Ek het daai hot chocolate meer nodig gehad vir my hart as enige iets anders.
Moet nie verbaas wees as Ek vir jou eendag Hot chocolate koop nie.
Happy Mother’s day🎀