Rix Catering

Rix Catering Rix Catering No function to big or to small

13/05/2026

Email's soos hierdie maak al die harde werk die moeite werd. Hierdie briefie kom van Aat en Tane, Bruidsgids & Wedding Guide se Bruidspaar van die jaar. Die troue is gehou op die baie mooie Bakenhof Winelands Venue.

Liewe Jacobus en Rix Catering Span,
Ons wil graag uit die diepte van ons harte baie dankie sê vir die ongelooflike kos en diens wat julle vir ons troue gelewer het! Alles was absoluut heerlik en eerlikwaar van die beste kos wat ons nog by ‘n troue geëet het en ons gaste kan daarvan getuig!
Nie net het alles heerlik geproe nie, maar die ongelooflike detail en sorg waarmee elke item voorgesit was, was besonders! Elke bord het so verfynd, elegant en perfek afgerond gelyk. Mens kon werklik sien hoeveel trots, passie en aandag aan detail in alles ingegaan het.
Baie dankie ook vir al die ekstra moeite wat julle gedoen het om alles perfek te laat verloop. Dit het nie ongesiens verbygegaan nie. Julle professionaliteit, warmte en bereidwilligheid om die ekstra myl te stap het ‘n groot verskil gemaak aan ons ervaring en aan die atmosfeer van die dag.
Julle het nie net kos bedien nie, maar ook deel gevorm van die ervaring, die viering en die herinneringe van ons troue. Alles het stylvol, tydloos en spesiaal gevoel, en dit het perfek ingepas by die atmosfeer waarvan ons nog altyd gedroom het.
Dit was vir ons ‘n absolute voorreg om julle deel van ons troudag te hê. Dankie dat julle gehelp het om 6 Mei 2026 een van die mooiste en mees onvergeetlike dae van ons lewens te maak.
Met liefde en waardering,
A&T

04/05/2026

Rix Feast Catering het n wonderlike troue by Mont Martre in Franschoek gedoen.

23/03/2026

Môre Retha, dit was een geseënde dag en aand.
Die kos was amazing!!!! Elke liewe gas kon nie ophou praat oor hoe lekker hulle geëet het. Jy mag maar. Nogmaals dankie, dit was 'n stresvrye ervaring saam met jou.
Ons almal is nou spyt ons het nie meer geëet, veral ons seun. Hy sê daai brisket was so sag en kan mamma dit ook maak😂
Yvonne Morland

2026 start with a bang. So greatful. We are blessed to have work in difficult times.
09/02/2026

2026 start with a bang. So greatful. We are blessed to have work in difficult times.

Troues by Bella Valee en Rozendal 401
25/10/2025

Troues by Bella Valee en Rozendal 401

10/09/2025

Hallo Retha,

Hoop dit gaan goed?

Ek is Magda (Natasja die bruid se ma) en ons het ontmoet met die troue van Saterdag 6 September.

Ek wil net van my kant af vir jou sê baie, baie, baie dankie vir AL JOU MOEITE en die voorbereiding van n FANTASTIESE ete. Sover soos wat ons gegaan het het almal gepraat en komplimente gegee oor die ete. Ek wou nog by jou omkom Saterdagaand maar ja, die tyd is toe ook onder my uit. Om n ete vir soveel mense so geurig en smaakvol voor te berei wil gedoen wees.

Ek sal jou verseker adverteer en aanbeveel en van ons kant af weer eens baie baie dankie.

Groete en n mooi dag vir jou.
Magda van der Westhuizen
Administrative Assistant
Sun World International, LLC

11/07/2025

Dear Retha, Jacobus & Team,
My husband and I just wanted to say thank you so much for the incredible food and service you provided on our wedding day. Everything was absolutely delicious and beautifully presented—we’re still getting compliments from our guests!
You and your team were a dream to work with, and we’re so thankful to have had you there with us.
Warm wishes,
Kaylene Augustus

Salad Feast to table.
21/02/2025

Salad Feast to table.

Canape tyd op die pragtige Mooikelder.
21/02/2025

Canape tyd op die pragtige Mooikelder.

Bakke vol canapes. Dan word alles gepak. Heerlik vars. Dis net lekker sonder goetertjies en te veel hantering. Jacobus L...
12/10/2024

Bakke vol canapes. Dan word alles gepak. Heerlik vars. Dis net lekker sonder goetertjies en te veel hantering. Jacobus Lochner van die Feast deel van die Rix Catering sorg dat alles reg verloop.

17/09/2024

Na hierdie Matriekafskeid by Rozendal is ek reg vir enige Griekse funksie. Die grootste uitdaging is die Potatoes Sto Fourno

24/07/2024

We love to see the happiness of our couples as they take their first steps together as husband and wife.

24/07/2024

Love, laughter, happily ever after.

24/07/2024
15/05/2024

So lekker om hierdie soort emails te kry!!
More Retha,
Ek wil net vreeslik dankie sê vir gisteraand se catering. Dit was heerlik en almal het gesmul!!!!!! Ai as ek net vanoggend weer bietjie van die lekker kerrie kon eet…. Nogmaals dankie vir jou en veral vir Lilly. Sy was amazing. Die tafel het ook so mooi gelyk met die loof en kerse. Baie, baie dankie!!!!

Mooi week verder

Address

Burg Street 28
Wellington
7655

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rix Catering posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category