14/08/2025
Dit is met groot hartseer dat ek hiermee aankondig dat Flower Station in Wellington sy deure gaan toemaak.
Dag en datum weet ek nog nie, maar tyd is teen my.
Dit het onvermydelik tot op n punt gekom dat ek nie n ander keuse het as om Flower Station se deure te sluit nie.
Ons sal van vandag af produkte op uitverkoping begin plaas en nog meer plaas. soos die tyd verloop.
Ons sal tot in die eerste week in September drasties afskaal met blomme en veral maar aankoop op bestellings.
Daar is baie Joey's Joy konfyte en ingelegde produkte wat van Maandag af op uitverkoping sal wees.
Groot groepe is welkom om baat te vind hierby en in bulk aan te koop.
Persoonlike items soos antieke spieels, skilderye, lampe en huisraad sal ook te koop aangebied word.
Vir enige navrae kan ek gekontak word by 0844999598.
Hartseer groete
Pieter Walters
Eienaar
Flower Station
38 Hoofstr
Wellington