Vreugde Gasteplaas

Vreugde Gasteplaas DIE GASTEPLAAS IS OMRING DEUR PRAGTIGE NATUURSKOON EN BIED 'N VERSKEIDENHEID GASTEKAMERS EN GERIEWE VIR DIE BLAASKANS WAT U NODIG HET.

Die ligging van Vreugde Gasteplaas naby Warden, slegs 18km vanaf die N3 hoofweg, (ongeveer halfpad tussen Pretoria en Durban asook Kaap-provisies en Kruger Wildtuin) maak Vreugde Gasteplaas die ideale oornagstop vir die kieskeurige reisiger. VREUGDE GASTEPLAAS IS SENTRAAL GELEË IN DIE OOS VRYSTAAT TUSSEN WARDEN EN BETHLEHEM - 18KM VANAF DIE N3, ONGEVEER HALFPAD TUSSEN JOHANNESBURG EN DURBAN WAT DI

E PLAAS ‘N GERIEFLIKE OORNAGSTOP MAAK. VREUGDE GASTEPLAAS BESKIK OOK OOR FASILITEITE VIR TROUES, KONFERENSIES, OPLEIDING, SPANBOU EN GROEPE SOOS GEMEENTE- MANNE- VROUE- EN JEUGKAMPE OF ENIGE SPESIALE GELEENTHEDE.

02/06/2025

Vreugde Gasteplaas: Half Way Sleepover - See 6 traveler reviews, 15 candid photos, and great deals for Vreugde Gasteplaas at Tripadvisor.

OORNAG VERBLYF – VREUGDE GASTEPLAASOppad na en vanaf Natal asook tussen Kaap-provinsies en Kruger Wildtuin.Ons het versk...
25/01/2025

OORNAG VERBLYF – VREUGDE GASTEPLAAS

Oppad na en vanaf Natal asook tussen Kaap-provinsies en Kruger Wildtuin.

Ons het verskeie selfsorg dubbel- en familie studios. Die studios beskik oor 'n kitchenette met klein yskas, mikrogolfoond, ketel en basiese eetgerei vir warm-maak etes. Braaigeriewe is beskikbaar.

Dubbel Studios: Vanaf R800 vir twee persone

Familie Studios: R900 vir eerste twee persone, daarna R150 per kind – ouderdom tussen 3 - 12 jaar.

Kothuis: R1650 per nag - Slaap 5.

Vreugde Gasteplaas is geleë naby Warden en is die ideale oornagstop vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die aanhoudende geraas van vragmotors en ander verkeer in dorpe en stede.

Skakel of WhatsApp Katie Joubert
082 415 6311.

Vir meer inligting druk op skakel.
https://book.nightsbridge.com/37655?nbid

So het die sneeu ons landskap vinnig in 'n sprokieswêreld omtower.Ons was volgeboek oor die naweek en dit sal 'n onverge...
22/09/2024

So het die sneeu ons landskap vinnig in 'n sprokieswêreld omtower.

Ons was volgeboek oor die naweek en dit sal 'n onvergeetlike ervaring wees vir elkeen wat hier was. Die kinders veral het dit terdeë geniet.

'n Paar voertuie het ook vasgeval. Ons buurman Theuns Brooks was heel gewillig om ons te help om die voertuie wat gegly en vasgesit het aan die kante van die pad uit te sleep met sy trekker. Dit dra ook by tot aangename herrineringe vir die gaste.

Dankie Theuns vir jou bereidwilligheid om te help, vriendskap en buurmanskap.

Vreugde Gasteplaas is die ideale OORNAGSTOP vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die lawaai van vra...
14/03/2024

Vreugde Gasteplaas is die ideale OORNAGSTOP vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die lawaai van vragmotors en ander verkeer. Vreugde Gasteplaas is geleë in die Oos Vrystaat naby Warden en die N3. Vir besprekings skakel Katie Joubert 0824156311.

PAASNAWEEK - KLEIN FAMILIE of GROEPBYEENKOMS8 tot 16 PersoneBETAAL vir twee aande – DERDE AAND GRATIS!Die moderne, netji...
29/02/2024

PAASNAWEEK - KLEIN FAMILIE of GROEPBYEENKOMS
8 tot 16 Persone
BETAAL vir twee aande – DERDE AAND GRATIS!

Die moderne, netjiese en funksionele fasiliteite word gehuisves in ‘n agtkantige gebou wat bestaan uit die volgende:
Vier familie studios (slaap tot 4 persone per studio)
Eetsaal met tafeltennis en ander speletjies
Kombuis
Aparte opwas
Al hierdie vertrekke loop uit in 'n lieflike binnehof waar heerlik gebraai of om ‘n kampvuur gekuier kan word.

8 Persone = R3,700 per nag x 2 = R7,400 (DERDE AAND GRATIS!)
16 Persone = R4,900 per nag x 2 = R9,800 (DERDE AAND GRATIS!)

Vreugde Gasteplaas is geleë in die Oos Vrystaat tussen Bethlehem en Warden.

Vir meer inligting skakel of Whatsapp Katie Joubert 082 415 6311

Besoek on webblad: http://vreugdegasteplaas.weebly.com/familie-reunie.html

18/01/2024

VROEGOGGEND PEUSELHAPPIES.
Voëls geniet insekte in vlug.

15/01/2024

Plaasgeraas!

SPESIALE PRYS vir OUJAARS-NAWEEK: DERDE AAND GRATIS !!!
26/12/2023

SPESIALE PRYS vir OUJAARS-NAWEEK: DERDE AAND GRATIS !!!

Kom geniet ‘n paar dae op Vreugde Gasteplaas met jou 4x4. Betaal slegs vir Akkommodasie.DUBBELSTUDIOS:  R790 per nag vir...
26/12/2023

Kom geniet ‘n paar dae op Vreugde Gasteplaas met jou 4x4. Betaal slegs vir Akkommodasie.

DUBBELSTUDIOS: R790 per nag vir twee persone wat deel.
FAMILIESTUDIOS: R990 vir 3 persone per nag en R1,190 vir 4 persone per nag.

Die studios beskik oor 'n kitchenette met klein yskas, mikrogolfoond, ketel en basiese eetgerei om ligte etes voor te berei. Braaigeriewe is beskikbaar.

KOTHUIS: R1,450 per nag. 3 Slaapkamers – slaap 5 persone. (Kan reëling vooraf tref vir 6de persoon ekstra per nag).

Vreugde Gasteplaas is geleë naby Warden in die Oos- Vrystaat.

Skakel of stuur 'n WhatsApp boodskap aan Katie Joubert: 082 415 6311

Vir meer inligting, ten opsigte van akkomodasie, druk op skakel.
http://www.vreugdegasteplaas.co.za/akkomodasie.html

Address

Plaas Naomi, Gedeelte 2
Warden
9890

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vreugde Gasteplaas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share