Anina Lonte Photo & Video

Anina Lonte Photo & Video ⇩ Info & Inquiries ⇩
https://www.aninalonte.co.za
☼ Your local Upington photographer
WHOLE❤︎ED • TIMELESS • MEMORIES

Voordat daar blomme was...voordat daar 'n rok of 'n pak was...voordat daardie besonderse dag ooit op 'n kalender gemerk ...
05/08/2026

Voordat daar blomme was...
voordat daar 'n rok of 'n pak was...
voordat daardie besonderse dag ooit op 'n kalender gemerk is.....was daar reeds Iemand wat hierdie liefdesverhaal geskryf het.

Elke keer wanneer ek weer deur hierdie foto's blaai, onthou ek dat sommige oomblikke meer is as net herinneringe. Hulle getuig van God se trou, Sy tydsberekening en Sy seën.

"Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd."
— Prediker 3:11 ♡

━━━━━━━━━━━━━━━━━
WHOLE❤︎ED • TIMELESS • MEMORIES
www.aninalonte.co.za
082 051 0440

50% CLEARANCE SALE
https://www.camerastuff.co.za/?a_aid=AninaLonte

"Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees."Psalm 118:24Om hierdie besondere dag by Elim...
30/07/2026

"Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees."
Psalm 118:24
Om hierdie besondere dag by Elim Venue & Guest House te kon vasvang, was 'n groot voorreg. Tussen die stilte van die Kalahari en die prag van God se skepping het hierdie huweliksverbond nog dieper betekenis gekry.

Dit was asof die hemel self sy handtekening oor hierdie dag geplaas het. Baie dankie, liewe Jesus, vir U skouspelagtige skepping en vir 'n agtergrond mooier as enigiets wat 'n mens ooit sou kon beplan.

━━━━━━━━━━━━━━━━━
WHOLE❤︎ED • TIMELESS • MEMORIES
www.aninalonte.co.za
082 051 0440

50% CLEARANCE SALE
https://www.camerastuff.co.za/?a_aid=AninaLonte

Elim Venue & Guest House
Grimering: Leonie Strauss
Hare: Marika Dumas
Naels: Lourene van Niekerk (Desert Rose Skin and Body)
Rok: Vintage Couture
Dekor & Blomme: Effortless Events
Spyseniering: Rika van Elim Gastehuis

Baie dankie Hadeda News Live vir hierdie mooiste voorblad van die mooiste juffrou in die Noordkaap.
30/07/2026

Baie dankie Hadeda News Live vir hierdie mooiste voorblad van die mooiste juffrou in die Noordkaap.

'n Opregte dankie aan hierdie ongelooflike venue vir julle gasvryheid en uitstekende diens Die Ou Huis Julle passie en t...
28/07/2026

'n Opregte dankie aan hierdie ongelooflike venue vir julle gasvryheid en uitstekende diens Die Ou Huis Julle passie en toewyding skep die perfekte ruimte waar kosbare herinneringe gemaak word.

Dit is altyd 'n voorreg om by so 'n besonderse venue te kan werk. Baie dankie dat julle elke troue so spesiaal maak.

"Mag die goedheid van die Here ons God oor ons wees. Bevestig die werk van ons hande; ja, bevestig die werk van ons hande."
– Psalm 90:17

━━━━━━━━━━━━━━━━━

WHOLE❤︎ED • TIMELESS • MEMORIES

www.aninalonte.co.za
082 051 0440

50% CLEARANCE SALE
https://www.camerastuff.co.za/?a_aid=AninaLonte

Baie dankie Hadeda News Live vir nog 'n pragtige voorblad.  Ek waardeer julle en wat julle vir ons gemeenskap beteken re...
22/07/2026

Baie dankie Hadeda News Live vir nog 'n pragtige voorblad. Ek waardeer julle en wat julle vir ons gemeenskap beteken regtig baie. Heerlike Hadeda dag!

Op 'n plaas loop die lewe teen 'n rustiger pas. Die wind waai, die windpomp draai getrou, en tussen dit alles het twee m...
22/07/2026

Op 'n plaas loop die lewe teen 'n rustiger pas. Die wind waai, die windpomp draai getrou, en tussen dit alles het twee mense besluit om vir altyd saam die pad aan te pak. Daar was iets besonders aan hierdie troue – die oop vlaktes, die rustige atmosfeer, familie en vriende wat saam kom vier het, en twee mense wat met hul hele hart "ja" vir mekaar gesê het.

Mag julle huwelik gevul wees met liefde, respek, lag, geduld en baie mooi herinneringe. Mag God elke tree saam met julle stap, julle huis seën en julle altyd nader aan mekaar én aan Hom bring.

Baie dankie dat ek deel kon wees van so 'n spesiale dag en dat julle my met hierdie kosbare herinneringe vertrou het. Dit was regtig 'n voorreg om julle liefdesverhaal vas te vang. Ek wens julle net die mooiste toe vir die pad wat voorlê.

Baie geluk, Mnr & Mev Visagie

━━━━━━━━━━━━━━━━

WHOLE❤︎ED • TIMELESS • MEMORIES

www.aninalonte.co.za
082 051 0440

50% CLEARANCE SALE
https://www.camerastuff.co.za/?a_aid=AninaLonte

Bekostigbaar en betroubaar en hartsmense. Julle kan hul gerus ondersteun!
20/07/2026

Bekostigbaar en betroubaar en hartsmense. Julle kan hul gerus ondersteun!

15/07/2026

Address

Upington
8801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Anina Lonte Photo & Video posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Anina Lonte Photo & Video:

Shortcuts

Share