Die Ou Huis

Die Ou Huis Die Ou Huis beskik oor or twee verskillende onthaal areas wat 'n heerlike plaas atmosfeer skep met die wingerd wat grens aan ons stoep en natuurskoon.

Onthaal areas kan van 'n klein intieme funksie tot 'n troue van 250 gaste akkomodeer.

VROUEOGGEND“Hy maak alles mooi op sy tyd.” — Prediker 3:11Kom ontdek deur skryf, kreatiwiteit en stilte hoe God jou stor...
10/10/2025

VROUEOGGEND

“Hy maak alles mooi op sy tyd.” — Prediker 3:11

Kom ontdek deur skryf, kreatiwiteit en stilte hoe God jou storie herskep — bladsy vir bladsy. ’n Sagte ruimte van selfevaluering, identiteit, genesing en groei — in Sy teenwoordigheid.

Ons het twee datums beskikbaar vir hierdie heerlike oggend vol inspirasie, stilte en groei. Kom geniet hierdie kreatiewe joernaal-werkswinkel saam met ons by Die Ou Huis.

Boek jy plek by:
Betty 0825503800 | Carolina 084 842 7553

04/09/2025

LIEFDE

Die Ou Huis... waar elke oomblik van liefde gekoester word – ’n plek waar tydloosheid en warmte saamvloei. Van die kleinste detail tot die groot oomblikke van vreugde, ons sorg dat jou spesiale dag net so uniek en besonders soos julle liefde is.

Kontak ons gerus vir 'n kwotasie of enige navrae
Betty | 082 550 3800

HARTSKOSElke bruid is uniek – daarom werk ons graag saam om die spyskaart en begroting aan te pas by jou idees en behoef...
11/07/2025

HARTSKOS

Elke bruid is uniek – daarom werk ons graag saam om die spyskaart en begroting aan te pas by jou idees en behoeftes.

Ons kos is nie net heerlik nie – dis regte hartskos wat met sorg voorberei word. Dis geure wat onthou word, en borde wat pragtig lyk wanneer dit voorgesit word. Jou gaste verdien ’n ete wat nie net smaakvol is nie, maar ook mooi vertoon op die tafel.

Kontak ons gerus vir 'n kwotasie of enige navrae
Betty | 082 550 3800

ELSERI + HANNESWhere there is love, there is life. – Mahatma Gandhi’n Nuwe hoofstuk het begin vir Elseri en Hannes, en d...
03/07/2025

ELSERI + HANNES

Where there is love, there is life. – Mahatma Gandhi

’n Nuwe hoofstuk het begin vir Elseri en Hannes, en die Ou Huis was bevoorreg om die eerste bladsy van hul huweliksverhaal te huisves.

Baie geluk met julle huwelik – en dankie dat julle dié spesiale dag by die Ou Huis kom vier het. Julle liefde het ons plek nóg meer laat blom.

Kontak ons gerus indien jy 'n venue soek vir julle spesiale dag
Betty | 082 550 3800

DANKIEOns harte is vol van dankbaarheid ná die afgelope naweek se vrouekonferensie by Die Ou Huis. Wat ’n besonderse voo...
26/06/2025

DANKIE

Ons harte is vol van dankbaarheid ná die afgelope naweek se vrouekonferensie by Die Ou Huis. Wat ’n besonderse voorreg om deel te kon wees van hierdie betekenisvolle byeenkoms.

’n Spesiale dankie aan elke borg wat met ons hande gevat het om hierdie geleentheid moontlik te maak:

TENT RENT Company + SANCO NC – Dankie vir die ruim borg van dekor en stoele. Sonder julle sou ons dit nie kon regkry het nie. Gaan besoek hulle gerus om jou volgende funksie se dekor te bespreek!

Sublimation Studio – Baie dankie vir die uitstekende gehalte drukwerk van die satyn kussings. Elke vrou kon huis toe gaan met hierdie spesiale geskenk. Kontak hulle gerus vir al jou sublimation printing behoeftes.

Ingeven – Dankie vir die pragtige handgemaakte satyn kussingslope. Julle dra werklik by tot iets uniek en betekenisvol.

Met dankbaarheid,
Die Ou Huis-span

The Princess Within...Aangebied deur Lourentia de K**kJy is genooi na ’n unieke vroue-naweek vol liefde, genesing en kon...
19/06/2025

The Princess Within...
Aangebied deur Lourentia de K**k

Jy is genooi na ’n unieke vroue-naweek vol liefde, genesing en koninklike ontdekking by die Ou Huis!

Laat temas soos "Why Are You Hiding?", "Wash Off the Ashes" en "A Prince is Waiting for You" jou hart aanraak en jou herinner aan wie jy is in Christus.

Dis nog nie te laat om jou kaartjies te kry nie - Jy kan vandag nog boek.

Kontak gerus vir:
Nastassja | 0607459618

A F R O N D I N GFyn afwerking of groot transformasie – ons sorg dat jou rok soos ’n droom pas.Navrae | AfsprakeBetty Br...
16/06/2025

A F R O N D I N G

Fyn afwerking of groot transformasie – ons sorg dat jou rok soos ’n droom pas.

Navrae | Afsprake
Betty Brown 0825503800

The Princess WithinAangebied deur Lourentia de K**kJy is genooi na ’n unieke vroue-naweek vol liefde, genesing en konink...
13/06/2025

The Princess Within
Aangebied deur Lourentia de K**k

Jy is genooi na ’n unieke vroue-naweek vol liefde, genesing en koninklike ontdekking!
Laat temas soos "Why Are You Hiding?", "Wash Off the Ashes" en "A Prince is Waiting for You" jou hart aanraak en jou herinner aan wie jy is in Christus.

Sluit aan van Vrydagaand tot Sondagoggend by die Ou Huis, Upington.

Dis tyd om jou kroon weer reg te sit!

Vir enige navrae kontak:
Nastassja | 060 7459 618

THE PRINCESS WITHINAangebied deur Lourentia de K**k’n Lewensveranderende vroue-naweek wag op jou! Tema’s soos "Why Are Y...
11/06/2025

THE PRINCESS WITHIN
Aangebied deur Lourentia de K**k

’n Lewensveranderende vroue-naweek wag op jou! Tema’s soos "Why Are You Hiding?", "Wash Off the Ashes" en "A Prince is Waiting for You" sal jou inspireer om jou koninklike identiteit in Christus te omhels.

Kom ervaar God se liefde van Vrydagaand tot Sondagoggend by die Ou Huis en ontdek wie jy werklik is!

Vir enige navrae kontak:
Nastassja | 060 7459 618

WINTER FUNKSIEDit was vir die Ou Huis 'n groot voorreg om deel te kon wees van hierdie funksie. Ons het elke detail met ...
06/06/2025

WINTER FUNKSIE

Dit was vir die Ou Huis 'n groot voorreg om deel te kon wees van hierdie funksie. Ons het elke detail met sorg beplan – van die tafel tot die bord – om ’n heerlike ervaring vir ons gaste te skep.

Die suurlemoen-dekor het ’n lewendige atmosfeer geskep – pragtig afgerond met vars blomme en kerse wat die saal ’n warm en feestelike gevoel gegee het. Soos altyd maak ons seker dat die kos uit die boonste rakke is – geure wat bederf en gehalte wat uitstaan.

En al het die winterknypie sy opwagting gemaak, het dit niemand afgeskrik nie – met patio heaters en goeie geselskap was daar heerlik gekuier.

Dankie ORLU dat julle ons gekies het.

Bespreek jou werksfunksie vandag nog by:
Betty vd Walt | 082 550 3800

S P R O K I E S R O KMet aandag aan elke stiksel, vou en afwerking....Ons neem jou idee, voeg ons unieke styl by, en maa...
04/06/2025

S P R O K I E S R O K

Met aandag aan elke stiksel, vou en afwerking....Ons neem jou idee, voeg ons unieke styl by, en maak vir jou ’n sprokiesrok.

Kontak ons gerus met enige navrae of om ’n afspraak te maak.
Betty Brown | 0825503800

GLIMLAG VAN BINNEBy die Ou Huis glo aan kos wat met liefde gemaak word – van kruie uit ons eie tuin en vars, seisoenale ...
23/05/2025

GLIMLAG VAN BINNE

By die Ou Huis glo aan kos wat met liefde gemaak word – van kruie uit ons eie tuin en vars, seisoenale produkte tot vleis van die hoogste gehalte. Elke gereg begin met deeglike beplanning en ure se toets en proe totdat die resep net reg is. Hier kook ons met 'n warm hart en 'n liefde vir lekker eet – sodat elke gas nie net sy honger stil nie, maar met ’n warm hart en ’n glimlag van binne huis toe gaan.

Kontak ons gerus vir jou funksie – groot of klein. Ons werk graag saam binne jou begroting, en jou idees vir die spyskaart is meer as welkom.

Betty | 082 550 3800

Address

Uap, Gedeelte 4. 15km Buite Upington Op Die Olifantshoekpad
Upington
8801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Ou Huis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Ou Huis:

Share

Category