04/06/2022
DIE PLAKKER OP JOU MOTOR
n Baie wetsgehoorsame man was besig om huis toe te keer en die verkeer was baie druk. Toe hy na die volgende verkeerslig aangery kom het die lig oorgeslaan geel toe, en omdat hy sy kind in die voertuig gehad het, het hy besluit om te stop eerder as om oor te jaag.
Die dame in die voertuig agter hom het dit totaal en al verloor. Sy was baie haastig en hierdie man gaan stop by n geel lig. Sy het haar venster oopgedraai en op hom geskree, sy het ''vingertaal'' met hom gepraat en toe le sy op haar to**er om haar ontevredenheid te verkondig.
Die volgende oomblik het n polisieman by haar oop venster kom staan en haar gevra om uit die voertuig te klim, hy het haar bestuurslisensie nagegaan en haar toe geboei en saamgeneem aanklag kantoor toe. Sy was opgesluit in die aanhoudings selle.
Na n paar uur het dieselfde polisieman haar kom uithaal en haar persoonlike besittings is aan haar terug besorg. Hy het haar om verskoning gevra vir die ongerief en haar gese dat hy agter haar was en gesien het hoe sy skel en vingertaal praat en toe nog op die to**er gele het, en toe kyk hy na haar voertuig en sien n plakker wat se: ''WAT SOU JESUS DOEN'' en net langs dit nog n plakker wat se:: ""EK IS OP PAD HEMEL TOE VOLG MY AS JY WIL SAAMGAAN'' en toe d**k ek dan moet hierdie beslis n gesteelde motor wees want die eienaar is duidelik n christen en die bestuurder is beslis nie een nie.
Hoe lees die wereld jou ''plakker'' se dit jy is n christen of se dit ''hulle se hulle is christene'' . Daar is n groot verskil. Die naweek is op hande, laat ons die vrugte dra wat by die bekering pas.