05/05/2026
Dit was vir my ’n besondere voorreg om Jardo Engelbrecht en Jean-Marié Orton op 6 Desember 2025 in die huwelik te bevestig by The SeaTrader op St. Helena Baai. Die Weskus-wind het natuurlik ook sy sê gehad – maar in plaas van ontwrigting het dit deel geword van ’n ongelooflike dag van ‘n baie mooi paartjie. My wens is dat julle liefde al hoe dieper sal groei en dat die band wat julle aan mekaar bind, met elke gedeelde oomblik sterker sal word. Mag julle huwelik oorvloedig geseën wees met liefde, vreugde en vrede – elke dag van die res van julle lewe.
It was a privilege for me to officiate the marriage of Jardo Engelbrecht and Jean-Marié Orton on 6 December 2025 at The SeaTrader in St Helena Bay. The West Coast wind, of course, also had its say - but instead of causing disruption, it became part of an incredible day for a truly beautiful couple. My wish is that your love will grow ever deeper, and that the bond that unites you will become stronger with every shared moment. May your marriage be abundantly blessed with love, joy, and peace - every day for the rest of your lives.