28/04/2026
Ek, Corlia van Very Lekker Catering, is smoor verlief!!! (Sal dit nou op die tweeling wees, of hulle wyne?) Behalwe om te toor met ons kos van Suid-Afrika, het ek die lekkerste wyne ontdek wat perfek pas by veral my vingerhappies (platters). Ook by my buffetetes. Maar vir more se funksie móés ek net my Deetlefs wyne uitpak. 3 bottels is reeds opgedrink...die 4de bottel raak vinnig klaar. Kyk hoe vinnig het die wynglas leeg geraak! Hierdie wyne word op die tweede oudste wynplaas in ons land verbou en gemaak. Die nuwe geslag is besig om oor te neem. Kyk net die pragtige, mooiste tweeling! Een van die dae het hulle nuwe nuus oor hul lekkerste wyne. Elke bottel wat ek oopmaak is elegant met die heerlikste aroma en geure...smaak sensasie!
Ekt een tweeling, Willem Deetlefs, leer ken met sy wynproe by die Ride the Karoo bergfietswedrennaweek. Eks so opgewonde oor die tweeling se voortbou op tradisie en nuwe tendense wat hulle vir die SA wynbedryf gaan bied!
Wanneer ek nie by Aurora Wedding and Function Venue werk nie, is Very Lekker Catering beskikbaar! Kontak Corlia 072 718 9329