Very Lekker Catering

Very Lekker Catering Delicious South African cuisine with a twist. We offer quality and professional catering in and around Rustenburg.

Our food is unique, flavorful and will leave guests wanting more!

Vadersdag was toe baie lekker al het ek nie meer 'n vader nie🤗 Wilde Olyf Padstal tussen Rustenburg en Derby het my uitg...
16/06/2025

Vadersdag was toe baie lekker al het ek nie meer 'n vader nie🤗 Wilde Olyf Padstal tussen Rustenburg en Derby het my uitgegooi as beoordelaar saam met nog ander vir hulle feesdag. Dit was 'n besondere goeie, lekker dag gewees! Baie stalletjies en baie mense! Outydse karre en vermaak. Elke potjie was van hoogstaande gehalte. Dit was regtig moeilik om wenners te kies, want elkeen was 'n wenner. Elke tafel was pragtig gedek en die potjies met bygeregte kreatief opgedien. Die punte gee was nogal ingewikkeld. So was daar toe twee wenners. Eerste die Rooibokspan en tweede die De Beer-bul. Met net een punt verskil tussen dié twee!
Geluk manne! Moenie ophou potte bou nie! En nooi my ook uit vir rustig lekker eet! Dankie Madelein dat jy my genooi het as beoordelaar. Dit was 'n verrykende ondervinding!🏆🎖🍽

Baie dankie vir die wonderlike voorreg om 1980 se Hoërskool Bergsig reünie se spyseniering te kon doen! Tuisgebakte brod...
15/06/2025

Baie dankie vir die wonderlike voorreg om 1980 se Hoërskool Bergsig reünie se spyseniering te kon doen! Tuisgebakte brode, konfyte, plaasbotter. Rumpsteakskywe met rooiwynbruinsous,
varkfiletskywe met pruimedant-olyf-appelsous, rooibostee-kerrie-kruie hoenderdye. Gebakte aartappels met knoffel en kruie, blomkool en broccoli met witsous en baie kaas, pampoenkoekies met kaneel-suiker en karamelsous, gesonde slaai, klam malvapoeding met roomsous en vla.
Hard gewerk en vir lang ure. My motivering vir aanhou en uithou is wanneer gaste tweede en derde keer kom skep en vertel dis die lekkerste kos! Baie dankie!🤩🥰🍽

Dis nog donkernag buite saam met lieflike winterreën...eks besig om vir twee funksies voor te berei. Die donkie is gesta...
09/06/2025

Dis nog donkernag buite saam met lieflike winterreën...eks besig om vir twee funksies voor te berei. Die donkie is gestart vir skottelgoedwater...en myself😆
Op versoek het ek my Very Lekker Catering kwotasies met opsies in Engels oor vertaal. Sommer pryse aangepas volgens voedselpryse se stygings en meer opsies. My kop is nou dronk van engelse woorde, beskrywings en termes soek, google, ens,🙃🤪
Kontak my gerus vir my new quotation options with very lekker ideas for your event en laat weet my asb watter taalfoute ek gemaak het!☺️
[email protected]

Voedselpryse het baie duurder geword🫣 Daarom is ek besig met splinternuwe kwotasies en om nuwe bekostigbare opsies uit t...
05/06/2025

Voedselpryse het baie duurder geword🫣 Daarom is ek besig met splinternuwe kwotasies en om nuwe bekostigbare opsies uit te werk. Ek werk so al tussen al die kosmakery deur reeds vir 2 weke hieraan! Vandag móét ek klaar maak! Die wind waai, dis koud en met lekker boeretroos en 'n pot heerlike dik groente-vleissop wat reeds op die stoof prut, voel die kopkrap na pryse en die opstel van opsies lekkerder🤩

Vandag is ek my Ma ewig dankbaar! Ma was nie 'n kok nie. Syt nie gehou van kosmaak nie. Met die gevolg dat ons baie uitg...
26/05/2025

Vandag is ek my Ma ewig dankbaar! Ma was nie 'n kok nie. Syt nie gehou van kosmaak nie. Met die gevolg dat ons baie uitgeëet het🫢 Hotel op Dunnottar, hotelle in Nigel en Springs. Sondagmiddagetes by die gevangenisdiens in Nigel, steakhouses in Springs, roadhouses, huishulpe Ester en Sara se etes. Baie etes in die Presidensies vd 4 provinsies deur gourmet kokke opgetower. Spyskaarte het my betower. Ekt dit gelees van voor tot agter en later resepteboeke. Alhoewel ek nie geweet en geleer hoe om met vleis, groente, deeg te werk nie, het ek blootstelling gehad tot baie geure, smake, geregte. Eers op 55 jarige ouderdom kon ek die geleentheid aangryp om te begin eksperimenteer met geregte. My broer sê hy is trots op my, want ek probeer en gaan nie eendag sê ek wou nie, maar ek het. Baie dankie aan elkeen wat Very Lekker Catering tot dusver ondersteun het en my sodoende gehelp het om my eintlike beroep te kan beoefen. Ek geniet elke oomblik! Baaaaie dankie ☆☆☆♡♡♡

Dankie-dankie! Very Lekker Catering se Sondagmiddagete was weereens 'n groot sukses☆ Maar ek was so besig, het nooit fot...
26/05/2025

Dankie-dankie! Very Lekker Catering se Sondagmiddagete was weereens 'n groot sukses☆ Maar ek was so besig, het nooit foto's van die Indies-Japannese ete geneem nie, ook nie van die gaste wat by die tafels sit nie🫣
Foto 1 het ek voor die tyd geneem en foto 3 en 4 van die onder-die-boom-tafels. Foto 2 en 3 van my eerste gisbrode wat ek dapper aangepak en gebak het! Geknie, laat rys, geknie, weer laat rys, gebak. Eks sooo TROTS hierop en die broodjies was so lekker! Hier het pragtige mense kom eet. Foto 4...baie dankie dat julle 'n foto van ons saam geneem het...gaste wat van Pretoria kom eet het! En vreeslik dankie aan elkeen wat gesê het dat die kos heerlik was!

Slaaptyd, maar ek moes net eers hierdie hoendermagie- en nekkie potjie klaar maak. Moet sê dit smaak heerrrrlik! Ma het ...
22/05/2025

Slaaptyd, maar ek moes net eers hierdie hoendermagie- en nekkie potjie klaar maak. Moet sê dit smaak heerrrrlik! Ma het altyd gewaarsku: " Donkerwerk is konkelwerk" So ek beter ophou kook, anders verbrand die volgende pot!

Ek wil nou eers spog...ekt die Very Lekker lekkerste butter chicken gemaak vir Sondag se ete!!! Ek kannie ophou proe nie...
22/05/2025

Ek wil nou eers spog...ekt die Very Lekker lekkerste butter chicken gemaak vir Sondag se ete!!! Ek kannie ophou proe nie, toe eet ek maar 'n vol bakkie, mmmm dis soooo lekker!!!

Lekker!!! Eks besig om pampoenkoekies aan te maak vir bak. Very Lekker!!!
22/05/2025

Lekker!!! Eks besig om pampoenkoekies aan te maak vir bak. Very Lekker!!!

25 Mei ☆☆☆ SondagmiddageteR185 per persoonR90 per kind 6 - 12Tafels gedek met Indiese en Japannese plekmatjies daar geko...
19/05/2025

25 Mei ☆☆☆ Sondagmiddagete
R185 per persoon
R90 per kind 6 - 12
Tafels gedek met Indiese en Japannese plekmatjies daar gekoop, ook al die speserye!☆☆☆
*Japan: Sagte wit melkbrood
Indië: plat brode
Kerrie hoendernekkies en magies
*Indië: kerrie skaapvleis met klapperroom, spinasie en aartappels
*Indië: botterhoender (butter chicken)
*Indië: Biryani - basmatirys met wortels, uie, knoffel, speserye
Japan: Okonomiyaki - Japanese pannekoek met verskeidenheid groente
Suid-Afrika: Pampoenkoekies, karamelsous en kaneelsuiker
Japan: Sunomono
Komkommerslaai
Japan: purin - vla poeding met karamelsous
***vooraf bespreking is noodsaaklik asb!
Bring eie drinkgoed.
Corlia Very Lekker Catering 072 718 9329
20km vanaf Rustenburg op eerste Kosterpad. Kontak my asb vir meer besonderhede.

In samewerking met JG Events, Jakkie Goosen, het Very Lekker Catering 'n prestige aand aangebied vir SA Home Loans se nu...
17/05/2025

In samewerking met JG Events, Jakkie Goosen, het Very Lekker Catering 'n prestige aand aangebied vir SA Home Loans se nuwe tak in Rustenburg. Dankie Jakkie, dit was 'n voorreg om saam met jou te kon werk!☆☆☆

25 Mei ☆☆☆ SondagmiddageteR185 per persoonR90 per kind 6 - 12Tafels gedek met Indiese en Japannese plekmatjies daar geko...
13/05/2025

25 Mei ☆☆☆ Sondagmiddagete
R185 per persoon
R90 per kind 6 - 12
Tafels gedek met Indiese en Japannese plekmatjies daar gekoop, ook al die speserye!☆☆☆
*Japan: Sagte wit melkbrood
Indië: plat brode
Kerrie hoendernekkies en magies
*Indië: kerrie skaapvleis met klapperroom, spinasie en aartappels
*Indië: botterhoender (butter chicken)
*Indië: Biryani - basmatirys met wortels, uie, knoffel, speserye
Japan: Okonomiyaki - Japanese pannekoek met verskeidenheid groente
Suid-Afrika: Pampoenkoekies, karamelsous en kaneelsuiker
Japan: Sunomono
Komkommerslaai
Japan: purin - vla poeding met karamelsous
***vooraf bespreking is noodsaaklik asb!
Bring eie drinkgoed.
Corlia Very Lekker Catering 072 718 9329
20km vanaf Rustenburg op eerste Kosterpad. Kontak my asb vir meer besonderhede.

Address

Rustenburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Very Lekker Catering posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Very Lekker Catering:

Share

Category