15/06/2026
Ons is altyd so dankbaar vir die positiewe terugvoer vanaf ons Bon Cap, Guestfarm and Wedding Venue kliënte:
"Hello, Michelle en jou span... Ek wil net baie baie dankie sê vir die ongelooflike naweek. Almal kan nie uitgepraat raak oor die kos, dekor, verblyf en sommer net alles wat so mooi was. En selfs die ekstra bederfies, moeite en gasvryheid van jou kant af om alles net spesiaal te maak en almal op hulle gemak te laat voel. Ook ‘n groot dankie aan jou span, hulle was tops…as jy dit dalk aan hulle kan oordra. Weereens dankie. Groete Suzette West"