31/03/2026
My liefste grootseun, oor 2 slapies is jy 18. Ek d**k terug aan die paar maande voor jy gebore is. Jy was bietjie haastig (die laaste keer wat jy ooit haastig was :) ). Ek moes vir n maand by die huis bly en rus maar jy't in elkgeval besluit dat 40 weke is vir die voëls en ons toe met jou bruin ogies gegroet, 3 weke vroeg.
Jy was nog altyd rustig, geduldig, liefdevol (jy was nog nooit skaam om my hallo en koebaai te soen nie) en so so gehoorsaam. Jy is jou boeties se favourite mens, en dit is vir ons so wonderlik om te sien hoe mooi jy met mense om jou werk, sonder om jouself met nonsens op te hou. Jy staan jou man as jy moet maar buig ook die knie is dit nodig is en ons kan nie meer dankie sê vir die geskenk wat ons in jou as seun gekry het nie.