20/10/2025
                                            Vriende, familie, en ouderlinge van die juig paleis.
Dis met groot hartseer dat ons julle in kennis moet stel dat Sowaar Bar nie meer is en dat ons deure gesluit is. Lang stories kort, ons het ons legal battles verloor maar het vir 3 jaar kak hard baklei om ons plekkie in die son op te hou.
Ons wil baie dankie sê aan elke liewe een van julle wie saam kom kuier het oor die jare, dit was ‘n jol! En daarmee saam, dat Sowaar meer as net ‘n plek is, dit was die mense wie geglo het Pretoria het not ‘n ruk en rol hartklop wat dit gemaak het wat dit is, en dit kan hulle nooit weg vat van ons af nie.
Massive thanks aan die volgende mense,
Jack Parow, ons MVP, wie seker meer keer hier gespeel het as enige ander artist.
VAN PLETZEN, ons eerste show en van die bestes.
Spoegwolf , wie ons keer op keer indulge het deur op die kleinste stage in die Noord Transvaal te kom speel.
Moses Metro Man, Glaskas, Straatligkinders, Bittereinder, Taxi Violence en al die ander bands wat nostalgie bombs kom drop het.
Koos Kombuis , Valiant Swart, Anton Goosen en Bacchus Nel - absolute legendes, dankie vir julle!
Illimar Neitz en die SA Blues Society, wat gereeld aan ons hart snare kom trek het.
Shadowclub, Desmond And The Tutus, Shortstraw and all our english patrons. We realise you probably don’t understand what the f**k we’re saying, but know we love you.
Aan ons metal tjommies, Facing The Gallows, Diverged Disorder, Sunken State en No Closure dankie vir die klipharde sets. Keer op keer.
En dan laastens, ons vriende en dalk ons gunstelling band, The Black Cat Bones, dankie vir altyd keen wees op ‘n set, al die advice en al die lekker luiers.
Ons missie was eenvoudig om Pretoria weer kliphard te maak en ons glo ons het daarin geslaag, met julle hulp natuurlik. Tot ons julle weer sien, laat dit juig - vir ewig.
Al die liefde,
Sowaar Bar