Excelsior Guest farm and Venue

Excelsior Guest farm and Venue Excelsior Guest farm offers farm house accommodation for groups as well as a rustic wedding and party venue with glamping and camping options.

21/08/2026

Vandag het ek by Excelsior gaan kuier en gekyk wat Anna en Nico alles daar aanvang. Ek besluit toe ek maak sommer vir julle ’n video, sodat julle self kan sien hoe die twee besig is om alles reg te kry vir ons gaste.

Anna kry ek by die pienk karavaan en sy pas so mooi in daar! Dit lyk of Paint Master se verfkwas geglip het en haar ook sommer deel van die pienk streep gemaak het. 😂💗
En Nico… hy is dan hier, dan daar. Hy knip en hy vee, hy hark en hy maak nat en… Tussen hul twee doen hul alles wat nodig is om seker te maak daar bo is dinge mooi en reg.

Duidelik is Dirk en Janie se kuier nog vars in hul geheue, want daar word behoorlik voorsorg getref en volgens hulle wense gesorg... net ingeval hulle dalk weer eendag onverwags inval en by ons kom kuier! 😂
Ek, Anna en Twak sal eers hierdie bier-ding moet uitpraat😋🤣

Kyk ’n bietjie saam wat hierdie twee alles aanvang! 👀🌸

Tyd raak nou min as jul die mooi van die seisoen se groen en goud wil kom beleef!!
Kontak ons om uit te vind of ons n datum het wat jou sal pas.

20/07/2026

🌿 AUGUST LONG WEEKEND SPECIAL! 🌿

Planning a getaway with family or friends? 🏕️🤎
Book your 3-night stay with us this August and enjoy 20% OFF your stay!
✨ We can accommodate groups from 2 to 25 people — perfect for a romantic escape, a family break, or a weekend away with your whole crew!
📅 3-night stays in August 🎉 20% OFF 👨‍👩‍👧‍👦 Groups of 2–25 people welcome 🌿 Peace, quiet & quality time on the farm
Book now and make this August long weekend one to remember!

Een van Twak se "In die sop" antwoorde:Daar’s iets wat jou duidelik na aan die hart lê – en dis daai klassieke slap moto...
18/06/2026

Een van Twak se "In die sop" antwoorde:

Daar’s iets wat jou duidelik na aan die hart lê – en dis daai klassieke slap motor van jou. Vertel meer! En wat is jou droommotor?

My pa het die Ford Fairlane V8 gekoop in die jaar wat ek gebore is, 1970, so die ou Ford was nog altyd deel van die familie.
Hy was ons dorpskar, my matriekafskeid-kar, my army-kar en ook my trou-kar.

Ek d**k my liefde vir ou voertuie het al vroeg begin. Ná skool het ek oor naweke 'n paar ekstra rand gaan verdien deur beeste uit Namibië aan te ry. En die trok waarmee ek dit gedoen het? Daardie selfde blou 450 Scania wat vandag nog hier staan.
Destyds was dit net nog 'n werk. Ek het beslis nie geweet dat ek jare later die geleentheid sou kry om hom te koop nie. Maar soos die lewe maar werk, het die ou trok weer sy pad na my toe teruggevind. Ek kon hom toe 'n bietjie opknap, mooi maak en weer trots laat rondry.

En dan die John Deere 70 en 730 trekkers waarmee my pa sy boerdery begin het. Die 2 gebruik ons naweke as ons vriende op n waentjie rondsleep oor die lande en dalk n vleisie gaan braai iewers met n uitsig.
Ek vermoed die meeste mense droom van die nuutste model met al die klokkies en fluitjies. Ek, aan die ander kant, raak opgewonde oor iets wat olie lek, 'n paar duike het en 'n storie kan vertel. 😄
Gee my maar die ou Ford, die ou Scania en die ou John Deeres. Hulle is dalk nie die vinnigste of die mooiste nie, maar hulle het karakter. En as hulle kon praat, sou hulle waarskynlik genoeg stories hê om my skaam te maak! 🚜🚛💙 😄

Vrydagmiddag, ná middagete, sit ons weer en kyk In die Sop. 😄Die vier se kommentaar en hoe hulle mekaar spot, is op sigs...
14/06/2026

Vrydagmiddag, ná middagete, sit ons weer en kyk In die Sop. 😄
Die vier se kommentaar en hoe hulle mekaar spot, is op sigself al pure vermaak!
Nico staan so en kyk hoe die filmspan werk dat hy amper die plant versuip. (Dis natuurlik ook die eerste ding wat Ouma raaksien: "Moenie die plante versuip nie!" 😂)
Kappie staan en wys vinger soos 'n wafferse bestuurder vir Justin waar en hoe om te spit.
Anna is op haar knieë besig om elke hoekie en gaatjie skoon te maak voordat Dirk weer 'n skelm besoek aflê.
Nou reken hulle ons gaan dit beter doen en dat ons vir julle moet wys hoe dit gedoen word...
Wat d**k julle? Moet ons vir hulle wys hoe 'n plaas-span dinge aanpak? 😜

Dankbaar vir jul groot bydrae!!!
12/06/2026

Dankbaar vir jul groot bydrae!!!

Address

Excelsior Farm, Jakkalskloof Road
Porterville
6810

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Excelsior Guest farm and Venue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Excelsior Guest farm and Venue:

Shortcuts

Share

Category