02/09/2013
Annale van 'n Windg*t!!
Ons bied aan 16 Oktober 2013 in die Casper Breedt saal om 19:00, R150 sluit ligte ete in.
Dis kraakvars, dis eg (Suid-)Afrikaans, dis skreeusnaaks, dis pitkos, dit het gekom om te bly - dis Annale van ‘n Windg*t.
Hierdie eenman komedie handel oor persoonlikheidstipes en kommunikasie-style. Die play werk met die 4 basiese persoonlikhede soos dit deur die eeue uitgekristalliseer het, maar gee hulle nuwe name: daar’s bangg*tte (die analiseerders), hardeg*tte (die ‘drivers’) , slapg*tte (die sosialiseerders) en windg*tte (die ‘band leaders’).
As jou g*t jeuk vir intelligente humor, dan is hierdie komedie net vir jou!!!