11/06/2025
Please pray for Heinrich who underwent a stem cell replacement for Multiple Sclerosis, he was doing so well after his treatment, but was recently diagnosed with Guillain-Barre, a syndrome where the immune system attacks the nervous system. The Mostert family deserves all the love and prayers they can get!! 🙏❤️
BID ASSEBLIEF SAAM VIR HEINRICH 🙏
Vriende,
Ek vra vandag met ’n swaar hart dat julle asseblief saam met my sal intree in gebed vir my vriend Heinrich Mostert. Hy het reeds ’n moeilike pad gestap met MS (Multipele Sklerose) – ’n siekte wat sy liggaam al baie moeg en swak gemaak het. Nou moet hy boonop baklei teen Gullain-Barré-sindroom, ’n ernstige toestand wat sy spiere aanval en sy beweging en asemhaling beïnvloed.
Heinrich is ’n vegter. Maar selfs die sterkstes het oomblikke waar hulle ander se gebede nodig het. Vandag is só ’n oomblik.
🕊️ Ek vra: as jy glo in die krag van gebed, neem asseblief ’n oomblik om vir Heinrich en sy gesin te bid.
• Bid vir genesing en genade
• Bid vir krag en moed in elke dag
• Bid vir vrede in hul harte te midde van onsekerheid
Mag ons gebede ’n sagte krag wees wat hulle dra deur hierdie storm. Dankie dat jy jou hart oopmaak vir iemand wat jy dalk nie eers ken nie – maar wat jou gebed nou vreeslik nodig het. As jy weet van enige persoon wst al GBS gehad het en jy het raad, help ons.