
19/08/2022
Vir die laaste 14 jaar is DuPreez Strauss mede-musiekregisseur en orkesdirigent vir Disney se “The Lion King” Musical in 8 lande van Singapoer tot Nieu-Seeland tot die Filippyne.
Hierdie teaterstuk is amptelik die suksesvolste kunswerk van alle tye, in enige medium (wat beteken dis ver groter as enige sanger of film nog ooit).
Vir DuPreez is die wonderwêrk van Disney se sukses dat dit mense se lewens al vir byna 100 jaar ten goede verander - met positiewe, opbouende en gesonde inhoud.
Kom beleef jou gunsteling kinder-herinneringe op ‘n heel nuwe manier met klavierinterpretasies en Afrikaanse storievertelling van wêreldklas, insluitend “Circle of Life” (The Lion King), “Let It Go” (Frozen), “A Whole New World” (Aladdin), “Colors Of The Wind” (Pocahontas) en nog baie ander.
Geskik vir alle ouderdomme.
Hou die datum:
Datum: 15 Oktober 2022
Tyd: 15:00
Tydsduur: 70min
Plek: Communitas, 18 Jupiter, Crowthorne, Midrand, 1685
Kaartjies sal binnekort beskikbaar gemaak word