Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees

Call Directions Website

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Vier dae vol pret en plesier by Bergvlam Skoolgronde in Nelspruit. Musiekverhoë en nog vele meer vermaak van vroeg tot laat.

Innibos trek elke jaar omtrent 100 000 mense en jy kan al Suid Afrika se top kunstenaars by een plek sien.

Gryp die OOMBLIK aan en maak jou merk by Toyota Innibos!Is jy ’n nuwe, opkomende kunstenaar met talent, passie en ’n dro...
21/10/2026

Gryp die OOMBLIK aan en maak jou merk by Toyota Innibos!
Is jy ’n nuwe, opkomende kunstenaar met talent, passie en ’n droom om jou musiek met die wêreld te deel? Dít is jou oomblik!

Die Kuierverhoogaansoeke by Toyota Innibos is NOU OOP!
Besoek: https://www.innibos.co.za/aansoeke/
Sluitingsdatum: 30 Oktober 2026

Maak jou drome ‘n realiteit!

Baie geluk aan Citybug Shuttle Service met 32 ongelooflike jare! ❤️💙’n Groot mylpaal wat getuig van jare se harde werk, ...
23/09/2026

Baie geluk aan Citybug Shuttle Service met 32 ongelooflike jare! ❤️💙

’n Groot mylpaal wat getuig van jare se harde werk, diens en toewyding. Ons wens julle nog baie veilige kilometers, sukses en mooi mylpale toe.

Van almal by Innibos, baie geluk! 🎉

32 Years. ❤️💙

32 years of hard work, dedication, perseverance and prayer have brought Citybug to where we are today. Through every early morning, every late night, every challenge overcome and every kilometre travelled, one thing has remained constant — our commitment to serving you.

But none of these 32 years would have been possible without YOU.

To every passenger who booked a seat, every family who trusted us with a loved one, every business that supported us and every person who chose Citybug for their journey — thank you.

Thank you for your trust. Thank you for your loyalty. Thank you for allowing us to do what we love for 32 incredible years.

We are grateful for how far we’ve come, thankful for God’s guidance throughout the journey, and excited for every road still ahead. 🐞

32 years. Countless journeys. One incredible Citybug family.

❤️ Thank you for trusting us.

Ps our birthday is officially only in December but it’s always a good day to be grateful💙

NUUS!Die bekroonde rolprent LANDMYN, met die veelbekroonde Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol, is vanaf Vrydag 18 Se...
17/09/2026

NUUS!

Die bekroonde rolprent LANDMYN, met die veelbekroonde Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol, is vanaf Vrydag 18 September ook op die groot skerm by Ster-Kinekor Ilanga Mall, Mbombela te sien!

Moenie hierdie kragtige Suid-Afrikaanse film misloop nie – ’n verhaal wat gehore regoor die land aangryp en diep raak.

📍 Ster-Kinekor Ilanga Mall, Mbombela
📅 Vanaf Vrydag 18 September

Tag jou fliekmaat en bespreek jou kaartjies vandag!

SuidAfrikaanseFilm

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Toyota Innibos tydens vanjaar se mediatoekennings ’n Top 3-posisie in die ...
11/09/2026

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Toyota Innibos tydens vanjaar se mediatoekennings ’n Top 3-posisie in die kategorie Beste Digitale Media Plasing behaal het!

Daarbenewens was Innibos ook benoem in die kategorieë:
🏆 Beste Video Insetsel
🏆 Beste Ateljee Onderhoud
🏆 Beste Digitale Media Plasing

Dit was ’n groot voorreg en eer om hierdie besonderse geleentheid by te woon waar wêreldklas-vermaak aangebied is deur kunstenaars soos Loren Allred (The Greatest Showman), Elvis Blue, Tarryn Lamb en Elandré en ander, met ’n indrukwekkende visuele skouspel by die SunBet Arena in Pretoria.

’n Opregte woord van dank aan Ontbytsake vir hul ondersteuning teenoor Toyota Innibos, wat help om die fees se storie jaar na jaar met Suid-Afrika te deel.

Jou stalletjie kan deel wees van Toyota Innibos 2027! 🎪Bring jou produkte, kreatiwiteit en unieke handelsmerk na een van...
08/09/2026

Jou stalletjie kan deel wees van Toyota Innibos 2027! 🎪

Bring jou produkte, kreatiwiteit en unieke handelsmerk na een van die Laeveld se grootste feeservarings. Dit is jou geleentheid om raakgesien te word, nuwe klante te ontmoet en tussen die Innibos-feesgees handel te dryf.

📅 1 tot 4 Julie 2027
📍 Bergvlam Hoërskool, Mbombela

Uitstaller-aansoeke is nou oop. Doen vandag nog aansoek:
🔗 https://www.innibos.co.za/innibosuitstallers/

📚 Vanjaar se Toyota Innibos Boekenaweek was inderdaad een vir die boeke!Van die ATKV-poësiewerkswinkel met Tom Dreyer en...
07/09/2026

📚 Vanjaar se Toyota Innibos Boekenaweek was inderdaad een vir die boeke!

Van die ATKV-poësiewerkswinkel met Tom Dreyer en Jennifer Pape, tot gesprekke oor Kansvatter, Historiese Almanak, Parlementpraatjies, Oscar Pistorius: The Big Lie and the Right to a Fair Trial en Zama Zama, die naweek was gevul met stories, insigte, geskiedenis en gesprekke wat mense laat dink én saamkuier het.

Frieda van den Heever se Airdrop: Jy is nou hier het volgens die Lowvelder sielskos gebied, terwyl die Natsteennaweek weer oudjoernaliste en vriende om die spitbraai saamgebring het. ’n Groot dankie aan elke skrywer, gesprekleier, ondersteuner en besoeker wat deel was van hierdie besondere naweek in Kaapschehoop.

Lees en kyk meer hier:
https://www.citizen.co.za/lowvelder/news-headlines/local-news/2026/09/05/kyk-verruklike-boekgesprekke-by-innibos-natsteen-en-boekenaweek/

Vanjaar se Boekenaweek was een vir die boeke.

31/08/2026

Die Innibos boekenaweek het weer groot aftrek gekry in Kaapse Hoop die afgelope naweek! Dankie vir almal se ondersteuning.

25/08/2026

Kom kuier saam by die Innibos Boekenaweek op Kaapsehoop.

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel...
21/08/2026

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?

Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel van die Toyota Innibos Boekenaweek in Kaapschehoop en word aangebied deur Tom Dreyer en Jennifer Pape.

📅 Donderdag, 27 Augustus 2026
⏰ 10:00 tot 15:00
📍 Kaapsche Hoop-gastehuis, Kaapschehoop
🎟️ R300 per persoon, insluitend eet- en drinkgoed

Slegs 25 volwasse deelnemers kan deelneem, so bespreek betyds.

Besprekings: [email protected] | 084 207 4282

JenniferPape Kaapschehoop AfrikaansePoësie

Address

Geelhoutlaan 21, Hoërskool Bergvlam
Mbombela
1211

Opening Hours

Wednesday 10:00 - 22:00
Thursday 10:00 - 22:00
Friday 10:00 - 22:00
Saturday 10:00 - 22:00

Telephone

+27137415294

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share