28/04/2026
Na 8 ongelooflike jare sê ons dankie 🤍
Oppi-Plaas Venue was ’n ongelooflik spesiale deel van ons reis. Aan elke kliënt wat ons vertrou het met julle troues, vieringe en onvergeetlike oomblikke. Dankie vir julle liefde en ondersteuning deur die jare. Elke herinnering wat daar gemaak is, sal altyd vir ons baie beteken.
Soos ons ’n nuwe seisoen betree, is Oppi-plaas Venue nou onder nuwe bestuur, en ons wens die nuwe eienaars alle sukses en seëninge toe op hierdie opwindende nuwe pad.
Vir ons is dit nie totsiens nie ,dit is ’n nuwe fase.
Ons stel met trots Flamboyant Events bekend ✨
’n Vars hoofstuk waar ons, ons passie direk na julle toe bring. Al beweeg ons weg van ’n vaste venue, fokus ons nou volledig op dit wat ons die meeste liefhet ,om asemrowende dekor en ervarings te skep, volgens julle visie en begroting.
Ons is ook opgewonde om te deel dat ons steeds die dekor by Oppi-plaas Venue sal doen, sodat julle steeds ons unieke aanslag kan ervaar in ’n plek wat soveel mooi herinneringe dra.
Van intieme vieringe tot groot troues en korporatiewe geleenthede…
Ons is hier om elke geleentheid onvergeetlik te maak.
Hier’s op nuwe beginne, groter drome en om oral waar ons gaan, iets besonders te skep 💫
Met liefde,
Ona, Nulé en Wilmé
———
After 8 incredible years, we say thank you 🤍
Oppi-plaas Venue has been such a special part of our journey. To every client who trusted us with your weddings, celebrations, and unforgettable moments. Thank you for your love and support over the years. Each memory made there will always mean so much to us.
As we step into a new season, Oppi-plaas Venue is now under new management, and we wish the new owners all the success and blessings on this exciting journey ahead.
For us, this is not goodbye ,it’s an evolution.
We are proud to introduce Flamboyant Events ✨
A fresh chapter where we bring our passion directly to you. While we move away from a fixed venue, we are now fully focused on what we truly love. Creating breathtaking décor and seamless event experiences, tailored to your vision and your budget.
We are also excited to share that we will continue doing décor at Oppi-plaas Venue, so you can still experience our signature touch in a space that holds so many beautiful memories.
From intimate celebrations to grand weddings and corporate events…
We are here to make every occasion unforgettable.
Here’s to new beginnings, bigger dreams, and creating magic wherever we go 💫
With love,
Ona, Nulé and Wilmé