31/05/2026
Liefste Gretchen, baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. 🌸
Mag ons Hemelse Vader jou voetstappe lei na die plekke waar jou hart die graagste wil wees. Mag Hy jou lewe vul met liefde, vrede, wysheid en oorvloedige seëninge in hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe.
Dit beteken opreg baie vir my dat vandat ek jou mammie, Fatima, ontmoet het, sy nog altyd in my geglo en my ondersteun het van troues tot tee-partytjies en verjaarsdae. Sy het nooit elders gaan soek nie, en dit dra vir my groot waarde. Met tyd het julle nie net kliënte geword nie, maar mense wat deel geword het van my lewe en hart. Julle laat elke mens welkom voel, en dit is iets besonders.
Vir enige supplier is dit spesiaal om ’n verhouding te bou met iemand wat aanhou terugkom, maar nog meer besonders is die liefde, respek en vrede wat julle afgee. Selfs wanneer dinge nie altyd verloop soos beplan nie, bly julle saggeaard, verstaanbaar en vol genade. Dit spreek boekdele van julle harte en van die waardes waarmee julle leef.
Ek is opreg dankbaar dat ek weer deel kon wees van só ’n groot mylpaal in jou lewe. Mag hierdie net die begin wees van nog baie mooi herinneringe, groot drome wat waar word, en seëninge wat oor jou uitgestort word.
Onthou altyd: “Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en Hom oor jou ontferm.” – Numeri 6:24-25 🤍
Mag jou 21ste jaar gevul wees met lig, liefde en God se guns oor elke tree wat jy gee.