The Ranch Chalets & Venue

Call Directions Website Contact the business

The Ranch Chalets & Venue Come and experience true Kalahari hospitality! Venue, all functions, accommodation

Sjoe! Ons is nog hier...Hierdie is een van die min "persoonlike boodskappe" wat op hierdie blad gedeel word. By The Ranc...
07/10/2026

Sjoe! Ons is nog hier...

Hierdie is een van die min "persoonlike boodskappe" wat op hierdie blad gedeel word.
By The Ranch is dit ons werk om altyd die gaste eerste te stel, maar vandag wil ek graag voor ons oor die fees deel en voor ons bedankings aan borge begin doen, heel eerste die belangrikste mense bedank.

By die The Ranch 20ste Bestaansjaar Fees was daar heelwat mense wat vir my gevra het, "hoe doen jy dit?" En my antwoord is al vir jare altyd, altyd dieselfde..."ek het 'n onbeskryflike goeie netwerk van mense wat my help". Ek moet egter daardie stelling verander. Hulle help The Ranch. Nie vir my nie.

Ek wil graag die volgende mense dan nou bedank. Dankie dat julle harte Ranch klop! Dankie dat julle altyd die gaste help met 'n glimlag, al is vandag nie 'n glimlag dag nie.
Dankie dat julle met so baie trots en oorgawe deel is van die Ranch. Dankie dat julle altyd lewe spreek oor die plaas. Dankie dat julle saam bid en saam bou. Dankie dat julle die belangrikheid van die bestuur tot eer van Sy naam uitleef. Dankie vir julle liefde vir wat julle doen. Dankie dat julle so fantastiese groep mense is. Die lekker daarin om te kan lag oor hol in die reen en radio's wat dood gaan...ek geniet dit selfs om dood moeg saam met julle te wees.

Daar is nie een mens wat ek kan sê het meer gedoen as die ander nie. Die span van The Ranch het soos EEN die wa getrek...en my hart bars van dankbaarheid.

The Ranch is 'n gevoel...jy werk nie net nie...jy leef so in dit....met dit...en ons kies dit oor en oor!

Dankie is 'n baie klein woordjie vir die dankbaarheid wat ek het vir hierdie mense...

Julle is die rede vir "From our family to yours..."

Ek bid dat die Vader ons "huis" The Ranch sal beskerm teen verdeeldheid. En dat ons "huis" sal sterk staan in EENHEID, en so groei van krag tot krag!

Met my als...dankie
❤️
M

VLNR - agter
Louisa Croucamp
Jpee Croucamp
Eureka Croucamp
Dirk Croucamp
Juan Nelson
Pieter van Zyl
Drika Croucamp Van Zyl

VLNR - voor
Dixina Bhoola
Michelle Croucamp Nelson
Grace Guinevive
Benno Rohmann

Nie op foto nie
Tanic Barkhuizen
Adriaan Saayman
Annè Young

03/10/2026
03/10/2026

Sooooo,
Gaan jy dit mis?
Gaan jy net hoor hoe lekker dit was, en spyt wees jy het nie maar gekom nie?
Die stalletjies is hier, die kroeg is gepak, die musiek speel..
Kom nou, die kaartjies is glad nie so duur nie.
Doen iets op hierdie Saterdag!!!

Address

N14
Kathu
8450

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Ranch Chalets & Venue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to The Ranch Chalets & Venue:

Share