28/07/2026
Ons was bevoorreg om deel te wees van Jaco en Bianca Viktor se pragtige troue by Elim Venue & Guest House
Die gaste is verwelkom met heerlike brood en romerige botterskorsiesop, bedien saam met smaaklike biltong en droëwors as canapés – die perfekte begin vir 'n besonderse dag.
Vir die hoofgereg is daar gesmul aan: Hoenderpastei
Pampoenpoffers
Geurige rys
Gebakte aartappels
Gebraaide lamsvleis
Heerlike broodblokkie en Avo mengelslaai
Baie dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag. Ons wens vir julle 'n leeftyd vol liefde, geluk en mooi herinneringe saam. ❤️
Bianca Theron