14/12/2017
FEES PROGRAM
DINSGAANSDAG 16 DESEMBER 2017
Aangbied deur Magdalize en De Waal in samewerking met Saartjie se Garage
13:00 Saam kuier met ‘n glasie wyn. (Bring eie) of bier as jy dit verkies.
14:00 Verwelkoming namens die Fees Komitee: Mejuffrou Ann Toerien
14:30 Samesang:
Begeleiding op Trekklavier: Mevrou Magadalize Carstens
Voorsanger: Meneer De Waal Hattingh
O, Boereplaas
En hoor jy die magtige dreuning
14:44 Skriflesing en gebed: Dominee (ex) Izak du Plessis*
14:45 Oondgebraaide botterneut Sop met geroosterde koemyn
15:00 Feesrede A
Is die gelofte nog relevant vandag: Doktor Piet Croucamp*
15:01 Feesrede B
Jou jammer is nie goedgenoeg nie: Meneer Mpho Kettledas*
15:02 Feesrede C
My drolle is net so bruin soos joune: Mnr Angola Badprop*
15:02 Feesrede D
Die Afrikaner is niks sonder sy Hemelse Herder nie : Dan Roodt* (Is hy nie ook ‘n Dr nie)
15:03 Saam Kuier met ‘n glasie Brandewyn en Coke (Bring eie) of Whiskey as jy verkies.
15:05 Hoender Pot, Bees Pot, Rys en slaai
16:00 Gebakte poeding (Meel, baie suiker, genoeg botter en te veel room)
17:00 Bedankings: Advokaat Jean Meiring*
17:01 Paneelbespreking:
17:02 Saam kuier met ‘n glasie Whiskey (Bring eie) of Gin en Tonic
17:03 Met jou aan my sy: Les Javan*
17:08 Siener: Rian Malan*
17:15 Namibia en Geloftedag: Delmi Cupido*
17:16 Ritme en Poësie in 2017: Churhill Naudè*
*Geen waarborg word gegee dat enige een van die sprekers wel gaan op daag nie.