16/08/2024
🌟 AP Kerk Basaar 2024 🌟
Ons hou ons jaarlikse AP Kerk Basaar op Vrydag 30 Augustus en Saterdag 31 Augustus. 🎉
Vrydag het ons heerlike potjiekos te koop - kom geniet 'n lekker ete saam met ons! 🍲
Bestel jou potjiekos deur die skakel hieronder:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScpOs8MLAHHVXxhFbQob0MY8k__I0s6XNjvL1EHTc_qyjdTRg/viewform
Op Saterdag het ons 'n verskeidenheid te koop: vrugte en groente, blomme, hout, koeke en ander lekker basaar kos soos pannekoek en kerrie en rys en vele meer! 🌽🍰
Daar is ook baie pret vir die kinders met springkastele, lekkergoed, speelgoed en nog vele meer. 🎈🎁
Kom kuier saam en geniet die dag vol lekker kos en geselligheid!
Kom sluit by ons aan vir 'n dag vol plesier en feesviering! 🙌