30/09/2026
💍🤍 Baie geluk, Riana en Franco! 🤍💍 05/09/2026
Mag julle huwelik gevul wees met liefde, geluk, lag en mooi herinneringe.
Hulle sê mos reën op jou troudag is ’n seën… 🌧️❤️ As dit waar is, dan is julle verseker geseën vir ’n leeftyd vol liefde, voorspoed en mooi saamwees!
Dankie dat julle ONS SPAN deel kon maak van hierdie besonderse dag. Dit was vir ons ’n voorreg om te kon help om julle mooi dag spesiaal te maak.
Mag julle altyd hand aan hand deur die lewe stap, in sonskyn én reën, en mag julle liefde elke jaar net sterker word. 🥂🤍
Liefdevolle groete,
ONS SPAN – Funksies & Dekor
Ontspan – ONS SPAN is in beheer. ✨