04/03/2026
🌿✨ ONS SPAN – Die mense agter die skerms✨🌿
👨🍳 Een sorg dat niemand honger huis toe gaan nie – porsies is nie “skou-grootte” nie, dis boer-grootte! 😉
💐 Een laat elke tafel lyk soos ’n Pinterest-droom met blomme en dekor wat asem wegslaan.
📝 Een doen admin, beplanning en reëlings – want iemand moet keer dat ons nie net kos maak en mooi goed pak sonder ’n plan nie! 😄
Maar…
Op die dag van die funksie is dit ALL HANDS-ON-DECK! 💪🔥
Dan rol moue op, voorskote kom aan en almal doen alles – van vleis draai tot blomme regskuif en borde aandra.
Want by ons gaan dit nie net oor kos of dekor nie…
Dit gaan oor die gevoel.
Die ervaring.
Die spesiale oomblikke. ❤️
Saam doen ons:
✔️ Spyseniering
✔️ Funksies
✔️ Blomdekor
✔️ Tafeldekor
✔️ En daardie ekstra detail wat mense laat sê: “WOW!”
Ons glo elke funksie moet voel soos ’n viering van liefde, lag en lekker kos.
En ja… ons geniet dit net so baie soos julle! 🥂
Dankie aan elke kliënt wat ons vertrou met hul groot dae.
Ons span is klein genoeg om persoonlik te wees – maar groot genoeg om enige funksie te laat skitter! ✨
Das Wessels
+27 83 688 4183
Michele Bezuidenhout
+27 82 803 4468