04/03/2026
‘n Klein prinses, ‘n groot vreugde: Lu-May se eerste fotosessie saam met Mamma en Pappa – kort voorskou.
‘n Viering van liefde en die begin van nog ‘n pragtige hoofstuk.
Dit was so groot voorreg om hierdie spesiale fotosessie vir die Bosch gesin te doen. Ek ken Suzaan al baie jare lank en het ook die voorreg gehad om 'n hele klompie jare gelede hul trou memories vas te vang. Daarom was dit vir my sommer ’n ekstra groot seën om hul nou ook saam met hul eersteling, die pragtige Lu-May, op net 3 maande oud af te neem.
Hier is ’n kort voorsmakie van hul gesinsfotosessie: 'n Klein prinsessie wat almal se harte steel en haar mamma en pappa wie se stralende oë en harte oorloop van vreugde en trots.
Blessings vir julle.
"Klein dogtertjies is soos sonneskyn wat jou hart warm maak, ‘n vreugdevolle, kosbare geskenk uit die Vader se Hand".