21/05/2026
21 Mei
©Olie vir jou Lamp
Ons spring dikwels halsoorkop van een ding na die volgende, verward en deurmekaar. Nie altyd seker wat jy volgende moet doen nie.
Maak vandag tyd om net weer hierdie gebed uit die diepte van jou hart te bid:
God, skenk my die gemoedskalmte
om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan,
en die wysheid om te weet wat die verskil is.
Om een dag op ’n slag te leef,
een oomblik op ’n slag te geniet,
swaarkry te aanvaar as die weg na vrede, en vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk
as ek in oorgawe aan Sy wil leef.
Amen
"Ek leef net uit God se hand. Tot Hom bid ek. Die Here sal my uit hierdie probleem red." Psalm 55:17 DB