Bázeru

Bázeru Professional Event and Wedding planning & styling, Wedding Coordinating, Floral Design & Styling, Ca

Bázeru...Exquisite Elegance & Flair

We specialise in Wedding and event planning, decor and floral design and styling. Our services also includes an inhouse decorist, florist, stylist, coordinator and organist.

22/05/2025

"TUSSEN WOORDE"

Kyk hier👇👇👇
https://youtu.be/mU8CXlSb4WY?si=oU9VG8jxOwlfd69X

Die storie agter die musiekvideo:

Vir 'n Veldblomskou Clanwilliam Wildflower Show wat in 2024 amper sy einde beteken het, was 2024 vir my 'n groot jaar!

Ek het die eer gekry om VIR DIE EERSTE KEER die skou se vloerplan te teken asook die ontwerp en uitleg te doen. En daarmee saam word ons skou geopen deur Leon Kluge , die man wat die goue medaljes inruig vir Suid-Afrika by die RHS Chelsea Flower Show, Royal Hospital Grounds, Chelsea !

Toe die uitstalling klaar gebou is het ek gedink: WAT 'N ONGELOOFLIKE SKOU! Met alles wat gerealiseer het wat ek graag daar wou hê. Seker die grootste waterval nóg, die wolfbergboog in die agtergrond en 'n "wandelpad" deur die skou.
'n Bouspan wat ORAL gebou het. Almal bou op 10 verskillende plekke. Waar die een vanaand stop, gaan die ander net môre aan. En niemand kla en stry as iets geskuif/verander/omgeruil word nie. Ons werk lekker saam, almal lag, gesels. Hierdie "moeilike jaar" is net ANDERS.

Dan kom dit by my op: Vandat ons begin skou reel het tot met hierdie eindproduk - wat het net nie als "tussen woorde" gebeur om hierdie masterpiece te aanskou nie? Want ons skou se einde was amper in sig...

Toe dring dit tot my deur: Tussen Woorde gaan ek in hierdie einste 2024 Veldblomskou opneem.

EN HIER IS DIT! OP DIE SUKSES VAN CLANWILLIAM BLOMSKOU 2024!🥂🍾

Ek is dankbaar vir my mede-blomskoubouers wat deel uitmaak as "akteurs" van die video. Die stappers/bergklimmers Esther Strauss Suria De Jager Basson ,ons Botanis tannie Daleen Schoombee en ons "beach babe" en huidige voorsitter Tanja Coetzee .

Ruiker vir oom Izak Wiese se begrafnisdiens vanoggend.
28/02/2025

Ruiker vir oom Izak Wiese se begrafnisdiens vanoggend.

  van ons 2024 Bruid! As jy in jou hart so voel, stem asseblief vir Anke Brand as Bruid van die Jaar 2024! Sy het laasja...
23/01/2025

van ons 2024 Bruid!

As jy in jou hart so voel, stem asseblief vir Anke Brand as Bruid van die Jaar 2024!

Sy het laasjaar die Herfsbruid gewen vir 2024 en nou ding die 4 seisoens-bruide teen mekaar mee vir die GROOT PRYS!

Hierdie is nou die finaal. Dit kos geen geld nie; net 3 minute van jou tyd om in te vul en te stem! Kliek op die skakel hier onder.

Dankie aan almal wat gaan stem!



https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/stem-en-wen-help-kies-maroela-se-bruid-van-die-jaar-2024/?fbclid=IwY2xjawH--M5leHRuA2FlbQIxMQABHb3JiaAoPvvZIbKaCs6V1lLyBDf3MEir6QcGRurf6KXeBJAvbNJiPowmaw_aem_66ODXr_-QiTC3AhgXFActg

Vier gelukkige Maroela-lesers, wat aan die stemmery vir die Bruid van die Jaar vir 2024 deelneem, ontvang ʼn geskenkbewys van R1 000 van SkinPhD.

23/08/2024
Die afgelope naweek was vol      toe  en Emilio trou aan mekaar beloof het by N.C. Famous Lodges Letsatsi Wedding Venue ...
30/07/2024

Die afgelope naweek was vol toe en Emilio trou aan mekaar beloof het by N.C. Famous Lodges Letsatsi Wedding Venue and Lifestyle Lodge te Vanrhynsdorp.

Beide van hul is werksaam in Dubai en het besluit om op eie SA-bodem die knoop deur te haak. Albei is afkomstig vanaf Nababeep in die "Manakaland". Andice en haar suster
se gesels kan dit mooi verduidelik! Uniek!

Baie geluk Andice en Emilio! Alle voorspoed vir julle. Dankie dat ons kon deel uitmaak van julle groot dag.

Geniet julle lewe in Dubai! Dis maar ver weg van die "wortels"...

NS: Fotograaf se fotos sal volg. Hierdie slegs dekor en blomme fotos deur osself geneem.

🏫 Letsatsi Lodge
💄
📸
🌸🎉

Die afgelope naweek was vol      toe Andice en Emilio trou aan mekaar beloof het by N.C. Famous Lodges Letsatsi Wedding ...
30/07/2024

Die afgelope naweek was vol toe Andice en Emilio trou aan mekaar beloof het by N.C. Famous Lodges Letsatsi Wedding Venue and Lifestyle Lodge te Vanrhynsdorp.

Beide van hul is werksaam in Dubai en het besluit om op eie SA-bodem die knoop deur te haak. Albei is afkomstig vanaf Nababeep in die "Manakaland".

Baie geluk Andice en Emilio! Alle voorspoed vir julle. Dankie dat ons kon deel uitmaak van julle groot dag.

Geniet julle lewe in Dubai! Dis maar ver weg van die "wortels"...

NS: Fotograaf se fotos sal volg. Hierdie slegs dekor en blomme fotos deur osself geneem.

🏫 Letsatsi Lodge, Vanrhynsdorp
💄 Beauty by Jenny
📸 Affectionate Photography
🌸🎉 Bázeru

📢Baie geluk aan ons April-bruidspaar, Anke Brand en Johandré!Hierdie verdien julle deur en deur! Jy was 'n PRAGTIGE BRUI...
24/07/2024

📢Baie geluk aan ons April-bruidspaar, Anke Brand en Johandré!

Hierdie verdien julle deur en deur! Jy was 'n PRAGTIGE BRUID! 🍾🥂

Anke en Johan het op 27 April vanjaar trou aan mekaar beloof by die NG Kerk in Lambertsbaai – dieselfde kerk waarin haar ouers én grootouers getrou het.

15 Junie 2024....'N nuwe CIRQUE DE NUIT produksie vir LEAPS, Lambertsbaai, aangebied deur die Bella Donna Acrobatics ......
24/05/2024

15 Junie 2024....

'N nuwe CIRQUE DE NUIT produksie vir LEAPS, Lambertsbaai, aangebied deur die Bella Donna Acrobatics ...

En weer kan ek op klavier deel uitmaak van hierdie geleentheid vir die 3de agtereenvolgende keer! Saam met top p**l en "hoop" atlete soos Benita Bouwer en Tania Becker asook sangeres Elizabeth Marais , is ons terug met 'n heel nuwe produksie, aanmekaargesit deur Donna Lortan Zimmerman!

Met Wicus van der Merwe - Ondersteunersblad as MC kan hierdie aand mos nie anders as om vol genot te wees nie!

Bespreek NÓÚ jou kaartjies of tafel by Donna.(Besonderhede hieronder op foto).

Sien julle daar!

SOMER-EN-WINTER-IN-EEN-DAG-TROUE!Korrek!!In April geniet ons altyd die lieflikste weer in die Weskus, maar Anke en Johan...
07/05/2024

SOMER-EN-WINTER-IN-EEN-DAG-TROUE!

Korrek!!

In April geniet ons altyd die lieflikste weer in die Weskus, maar Anke en Johandré het 'n onsmaaklike warm, Oostewind-dag gekry. En kersie op die koek, slaan die krag om en by 1 uur af...met die gevolg: Hordes tannies se wille oostewind kapsels kon nie "geblow-dry" word nie en geen kerkorrel vir die troumars...

MAAR WIE GEE OM? Niks kon dié twee se spesiale dag bederf nie! Laatmiddag het die weer gedraai en die misbank oorgekom en almal moes gryp na warm-goed! LAFENIS!

Graag deel ons die dekor en blomme fotos van dié twee se groot dag!

Baie geluk Johandré en Anke! Dankie dat jul my vertrou het om als vir julle prentjiemooi te maak.

Anke, nou is jy amptelik 'n Clanwilliam Boervrou! Welkom in ons geweste!

⛪️ Lambertsbaai NG Kerk
🏠 Sir Lamberts
💐🎉 Bázeru
🍲 Enbur Events
🎂 Corraine Maritz
👗 Bride&co
👗Verstellings en Cocktail-rokkie by dans:
Anna van der Merwe
🕴 4 u
📸 Lééf fotografie
🎥 Photography
💄 Elizabeth Rae Make-Up

Die mooiste MOOI op ons plaas wanneer die eerste reëns val...
22/04/2024

Die mooiste MOOI op ons plaas wanneer die eerste reëns val...

Address

P. O. Box 28
Clanwilliam
8135

Opening Hours

Friday 18:00 - 20:00
Saturday 18:00 - 20:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bázeru posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bázeru:

Share