03/09/2026
Die afgelope 3 jaar het ek die voorreg gehad om hierdie geleentheid deur ’n lens te beleef.
Ek het die eerste jaar met ’n selfoon begin, saam We are Centurion. Van daar af het ek aanhou leer, aanhou groei en myself stadig in ’n posisie gewerk waar ek vandag kan doen waarvoor ek lief is - om oomblikke vas te vang en stories deur film te vertel.
En om elke jaar terug te kom en te sien hoe hierdie geleentheid groei, is iets besonders. Die liefde en ondersteuning wat elke jaar groter word, die mense, die musiek, die energie - dit is ’n ongelooflike ervaring om deel van te wees.
Maar dit laat my ook dink aan my eie progressie.
Hoe belangrik dit is om aan te hou groei. Om aan te hou leer. Om nie vas te sit by wat jy reeds kan doen nie, maar aan te hou soek na jou eie manier om dinge te sien.
Hierdie jaar wou ek nie net vir julle ’n recap van die aand gee nie.
Ek wou hê julle moet vir ’n oomblik deur my oë kyk. Dit is dalk baie vinnig, maar hier is n paar oomblikke.
Baie geluk aan elke kunstenaar wat met 'n welverdiende toekenning weggestap het - julle harde werk en talent inspireer ons almal! 🏆✨
Aan elke ander kunstenaar daar buite: hou aan skep, hou aan glo en moenie ophou veg vir julle drome nie. Julle tyd kom nog! Die musiek bedryf het julle unieke stemme nodig. 🎨🔥
Hier is ’n klein kykie in wat ek sien deur my lens.
🎥
Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings