Event Perfection Planners

Event Perfection Planners Planners that are passionate about everything event related.... Your partner for every and any event.

Taking any theme and creating breathtakingly styled events. Our services are not only limited to creating stunning parties, but also face painting and kids activities.

Pret daggies wat deur Event Perfection Planners aangebied word. Slegs 15 plekkies beskikbaar. Bespreek vroegtydig. 07143...
05/08/2026

Pret daggies wat deur Event Perfection Planners aangebied word. Slegs 15 plekkies beskikbaar. Bespreek vroegtydig.
0714318505 Loraine

Wat 'n ongelooflike aand wat Hoërskool Eldoraigne vir die hokkiedogters gereël het! 🏑❤️Die tema van die aand was "Hier v...
11/07/2026

Wat 'n ongelooflike aand wat Hoërskool Eldoraigne vir die hokkiedogters gereël het! 🏑❤️

Die tema van die aand was "Hier vir Haar" – 'n pragtige en betekenisvolle tema wat perfek uitgebeeld is met rooi, pienk, wit en goue dekor. Die fairy lights en rooi LED-ligte het die perfekte atmosfeer geskep en die aand werklik besonders gemaak.

Baie dankie aan Hoërskool Eldoraigne vir julle voortdurende vertroue in my om deel te wees van hierdie spesiale geleenthede. Dit is altyd 'n voorreg om elke funksie so mooi en onvergeetlik as moontlik te help maak.

Ek waardeer elke geleentheid!



Bundi Bos Kleuterskool se Vadersdag-foto's... 🚀💙Wel, baie laat... maar beslis te mooi om nie te deel nie!Die skool het h...
11/07/2026

Bundi Bos Kleuterskool se Vadersdag-foto's... 🚀💙

Wel, baie laat... maar beslis te mooi om nie te deel nie!

Die skool het hierdie spesiale dag met soveel liefde, omgee en waardering vir elke pappa aangebied. Elke detail was met sorg beplan, en elke personeellid het gehelp om die dag onvergeetlik te maak.

Ons tema, Space, was eenvoudig té oulik en het perfek by al ons wonderlike pappas gepas:

🚀 "Daddy, You Rocket My World!" 🌍✨

Bietjie agter met 'n paar posts, maar ek móét hierdie een deel! 🤍Hierdie was een van die oulikste opedae wat ek vir Laer...
11/07/2026

Bietjie agter met 'n paar posts, maar ek móét hierdie een deel! 🤍

Hierdie was een van die oulikste opedae wat ek vir Laerskool Swartkop gedoen het.
Die dekor was só lekker om te skep, en ek het elke oomblik daarvan geniet.

Baie dankie vir die geleentheid. Dit was regtig 'n voorreg om deel te wees van so 'n spesiale dag! ✨🎈

🎄 Ons heel eerste partytjie by Bundi Bos Kleuterskooll! 🎄En wat 'n besonderse begin was dit! Die eerste van, hopelik, ba...
11/07/2026

🎄 Ons heel eerste partytjie by Bundi Bos Kleuterskooll! 🎄

En wat 'n besonderse begin was dit! Die eerste van, hopelik, baie onvergeetlike partytjies wat nog voorlê.

Aliyah en Richard het hul 4de verjaarsdag met 'n pragtige Christmas in July-tema gevier.
Dit het regtig gevoel soos Kersfees – van die tradisionele Kersfeeskleure en dekor tot 'n heerlike Kersfeesete wat die dag perfek afgerond het.

Die kinders het heerlik gespeel, terwyl die ouers lekker saam gekuier en die feestelike atmosfeer geniet het.
Dit was 'n dag vol lag, liefde en kosbare herinneringe.
Baie dankie dat julle Event Perfection Planners vertrou het om deel te wees van hierdie spesiale mylpaal. Ons sien uit na nog baie mooi vieringe by Bundi Bos Kleuterskool! ❤️🎄✨




🤍 Baba Christian se Babatee 🤍Dit was 'n absolute voorreg om deel te wees van hierdie besondere viering. Ek het hierdie p...
11/07/2026

🤍 Baba Christian se Babatee 🤍

Dit was 'n absolute voorreg om deel te wees van hierdie besondere viering. Ek het hierdie pragtige tema baie geniet en elke detail met liefde saamgestel.

Baie dankie dat julle Event Perfection Planners vertrou het om hierdie spesiale dag onvergeetlik te maak. Welkom, klein Christian – mag jy altyd met liefde en seëninge omring wees. ✨💙


Kom kuier saam en geniet 'n heerlike dag vol pret! ☀️Kontak my gerus om jou plekkies te bespreek. Loraine 0714318505
11/07/2026

Kom kuier saam en geniet 'n heerlike dag vol pret! ☀️
Kontak my gerus om jou plekkies te bespreek.
Loraine 0714318505

✨ Anuk word 18! ✨Elke mylpaal verdien 'n viering wat vir altyd onthou sal word... en Anuk se 18de was beslis een daarvan...
11/07/2026

✨ Anuk word 18! ✨

Elke mylpaal verdien 'n viering wat vir altyd onthou sal word... en Anuk se 18de was beslis een daarvan! 🤍

Ek het elke oomblik van hierdie opstelling geniet. Van die eerste ballon tot die laaste detail – alles is met soveel liefde en passie gedoen. Die Leopard-tema was 'n absolute droom om te skep!

Janel, baie dankie dat jy my telkens met julle spesiale geleenthede vertrou. Dit is vir my 'n ongelooflike voorreg om deel te wees van herinneringe wat 'n leeftyd sal hou. Julle vertroue beteken meer as wat woorde ooit kan sê.

Mag Anuk se nuwe hoofstuk gevul wees met groot drome, eindelose vreugde en wonderlike avonture.
Gelukkige 18de verjaarsdag! 🥂✨





Event Perfection Planners – Waar elke detail met liefde beplan word en elke geleentheid in 'n onvergeetlike herinnering omskep word. 💕

Bundi Bos Kleuterskool is nie net een van die beste kleuterskole in Centurion nie – vir ons gaan dit eerstens oor die ki...
10/05/2026

Bundi Bos Kleuterskool is nie net een van die beste kleuterskole in Centurion nie – vir ons gaan dit eerstens oor die kinders en ouers se belange. Die liefde, passie en toewyding wat elke onderwyser daagliks vir die kinders gee, maak hierdie kleuterskool besonders.

Ek voel ongelooflik bevoorreg om nie net ’n juffrou by Bundi Bos Kleuterskool te wees nie, maar ook om saam met Tonya Drinkwater en die wonderlike personeel elke event so mooi en spesiaal moontlik te maak.

By Event Perfection Planners probeer ek elke keer daardie sprokiesmooi prentjie skep en elke geleentheid uniek en besonders te laat voel.

Dit bly vir my ’n groot voorreg om deel te wees van ons pragtige Bundi Bos keuterskool familie. 💛



Hoërskool Eldoraigne se opedag is altyd ’n absolute hoogtepunt van my jaar om deel te kan wees. ✨Die toewyding en moeite...
03/05/2026

Hoërskool Eldoraigne se opedag is altyd ’n absolute hoogtepunt van my jaar om deel te kan wees. ✨

Die toewyding en moeite wat julle elke jaar in sit is werklik ongelooflik en maak elke detail van die dag spesiaal en onvergeetlik vir almal wat betrokke is.

Baie dankie dat julle my elke jaar vertrou om te help met van die dekor. Dit bly ’n groot voorreg.

Die LED frame lights, globe fairy lights, en die fairy lights wat so mooi deur die bome gedrapeer is, saam met die vlaggies, skep elke keer ’n magic atmosfeer wat die dag en aand ekstra besonders laat lyk. 🌟

Address

Celtisdal
0157

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Event Perfection Planners posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Event Perfection Planners:

Shortcuts

Share

Category