22/10/2026
VERFYND × MARINDA ENGELBRECHT|Monotoon Sensoriese Kersete
Waar kos stories vertel en herinneringe geskep word.
Sommige mense maak kos.
Ander mense verstaan wat kos werklik beteken.
Marinda Engelbrecht is iemand wat verstaan dat kos veel meer is as bestanddele, resepte en tegnieke.
Dit is herinneringe aan ons kinderdae,die warmte van ’n ma se kombuis, die geure van tradisie en die mense wat om ons tafels bymekaar kom.
By VERFYND glo ons dat ’n besonderse eetervaring nie net gaan oor wat op die bord is nie, maar ook oor die atmosfeer, die stories, die mense en die klein besonderhede wat alles saambring.
Dit is waar ons wêrelde mekaar ontmoet.
Deur Marinda se liefde vir eerlike, nostalgiese kos te verbind met VERFYND se kreatiewe kulinêre visie en passie vir besonderse tafelervarings,sien ons die geleentheid om iets werklik spesiaal te skep.
Dink aan bekende geure met ’n nuwe perspektief.
Geregte wat herinneringe wakker maak.
Lang tafels waar gesprekke vloei, wyne geskink word en elke gang ’n storie vertel.
Want uiteindelik gaan dit nie net oor kos nie.
Dit gaan oor mense.
Oor samesyn.
Oor die herinneringe wat ons skep en die stories wat ons lank ná die laaste happie saam met ons huis toe neem.
Jou sintuie gaan jou dalk soms laat wonder...
Maar saam hou ons n Kersmaal wat vir lank onthou sal word.
Iets anders,maar tog uniek.
VERFYND — waar elke detail ’n doel het en elke tafel ’n storie vertel.