
24/04/2025
WERKSGELEENTHEID IN WORCESTER
Ons is opsoek na ‘n energieke jong dame met ‘n kreatiewe aanslag om by ons Pure Boland span aan te sluit.
Die geskikte kandidaat moet oor die volgende beskik:
Matrieksertifikaat
Afrikaans en Engels geletterd
Rekenaarvaardig
Geldige rybewys
Betroubare motor wat ook vir werksdoeleindes gebruik kan word (teen vergoeding)
Suid-Afrikaanse ID
‘n Agtergrond in die kosbedryf of geleentheids koördinering en / of ‘n tersiëre kwalifikasie in die gepaste industrie sal in die aansoeker se guns tel.
Die geskikte kandidaat moet beskik oor ons oorhoofse besigheids waardes:
Eerlikheid
Deursigtigheid
Betroubaarheid
Uithouvermoë
Konsekwentheid
Hardwerkendheid
Stiptelikheid
Toewyding
Pligsgetrouheid
Sober gewoontes
Nie roker
Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om sommige naweke, vakansie dae en aande te werk. Ons sisteem werk volgens skofte, soos benodig in die deli / restaurant, asook markte en ander geleenthede wat deur ons aangebied word.
Kandidate met ‘n kriminele rekord of geskiedenis van kriminele aktiwiteite sal nie oorweeg word nie.
Om aansoek te doen, stuur jou volledige CV, Suid-Afrikaanse ID, bestuurderslisensie, matrieksertifikaat en dekkingsbrief na [email protected]
Aansoeke sluit Sondag, 04 Mei 2025.
Sou jy nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan jy aanneem dat jou aansoek onsuksesvol was.
accommodation