Rustic Bloom Barn

Call Directions

Rustic Bloom Barn Rustic Bloom Barn | Bethal, Mpumalanga
A rustic farm venue where love stories bloom. Built from a dream, rooted in family, and opened in 2026.

Antique charm, blooming gardens & a restored barn – where memories are made with heart.

Lus vir ’n aand vol country, dans en lekker saamkuier!Rustic Bloom Barn nooi jou hartlik uit na ons Country Sokkie Dansa...
14/10/2026

Lus vir ’n aand vol country, dans en lekker saamkuier!

Rustic Bloom Barn nooi jou hartlik uit na ons Country Sokkie Dansaand!
Trek jou cowboy stewels aan, bring jou danspassies saam en kom geniet ’n heerlike aand vol goeie musiek, lekker kos en wonderlike mense.

Kom maak nuwe herinneringe, lag saam met vriende en dans die aand om!

Datum: Saterdag, 24 Oktober 2026
Tyd: 18:00 tot laat
Plek: Rustic Bloom Barn, Bethal
Kaartjies: R200 per persoon, ete ingesluit
Kinders onder 12 jaar: R50 per kind

Bespreek jou kaartjies vooraf by 072 655 6274.

Bring jou vriende, jou familie en jou country-gees saam. Ons sien uit daarna om saam met julle ’n onvergeetlike aand te maak!
Rustic Bloom Barn – Goeie musiek. Heerlike kos. Wonderlike mense.

’N AAND VOL LANDBOU, SAMEWERKING EN SPESIALE HERINNERINGE BY RUSTIC BLOOM BARN! Rustic Bloom Barn het die voorreg gehad ...
14/10/2026

’N AAND VOL LANDBOU, SAMEWERKING EN SPESIALE HERINNERINGE BY RUSTIC BLOOM BARN!

Rustic Bloom Barn het die voorreg gehad om CVO Volkskool te verwelkom vir hul Landbouprojek-aand!

Dit was vir my besonders om Johanita te kon bystaan met die dekor en beplanning van hierdie spesiale aand. Wat die aand vir my nóg mooier gemaak het, was om te sien hoe almal saamstaan en met soveel liefde en ywer hand bysit. Van die blare rangskik tot die tafels regpak – elkeen het sy deel gedoen. Dit was sommer lekker om te sien hoe ouers en die skool as ’n span saamwerk om iets besonders moontlik te maak.
Die saal het pragtig gelyk, die tafels was feestelik gedek en die heerlike spit, saam met al die smaaklike bykosse wat ons mammas en onderwysers voorsien het, het gesorg vir ’n gesellige aand om saam te kuier.
En natuurlik kon die kinders ook hulself geniet in die buitespeelarea! Dit was besonders om te sien hoe diep die liefde vir boerdery, plaaslewe en trekkers reeds in ons kinders se harte lê.

Johanita en CVO Volkskool, baie dankie dat julle Rustic Bloom Barn gekies het om deel te wees van hierdie mooi geleentheid. Dit was vir ons ’n voorreg om saam met julle te kon beplan en bou aan ’n aand om te onthou.

Mag CVO Volkskool aanhou groei, nuwe hoogtes bereik en nog baie mooi mylpale vier. Mag julle toekoms as skool gevul wees met sukses, samewerking, seën en groot oomblikke waarop julle trots kan wees!

By Rustic Bloom Barn glo ons dat die mooiste herinneringe ontstaan wanneer mense saamstaan, saamwerk en saam feesvier.

📍 Rustic Bloom Barn – waar plaasgasvryheid en besonderse herinneringe bymekaarkom.

’n Baie spesiale eerste verjaarsdag by Rustic Bloom Barn! Dit was vir my ’n groot voorreg om Sonia en Jaques se kleinseu...
13/10/2026

’n Baie spesiale eerste verjaarsdag by Rustic Bloom Barn!

Dit was vir my ’n groot voorreg om Sonia en Jaques se kleinseun se eerste verjaarsdag by Rustic Bloom Barn te kon vier!

Ons ken mekaar al jare deur die besigheid, en verlede jaar het ek die voorreg gehad om sy babatee te help versier. Hierdie jaar was dit weer ’n besondere eer om deel te kon wees van nóg ’n kosbare mylpaal – klein boetie se eerste verjaarsdag.

Dit was ’n heerlike, gesellige kuier saam met familie en vriende, vol lag, liefde en mooi herinneringe.

Baie dankie, Sonia en Jaques, dat julle Rustic Bloom Barn gekies het om hierdie spesiale dag saam met julle te vier. Mag klein boetie se lewenspaadjie gevul wees met liefde, vreugde en God se ryke seën.

’n Spesiale 40ste by Rustic Bloom Barn! Soms word die mooiste herinneringe sommer spontaan gemaak! Joep, my man, se 40st...
12/10/2026

’n Spesiale 40ste by Rustic Bloom Barn!

Soms word die mooiste herinneringe sommer spontaan gemaak! Joep, my man, se 40ste verjaarsdag was ’n aand vol lekker kuier, goeie geselskap en kosbare oomblikke. Wat sommer so op die ingewing van die oomblik beplan is, het uitgeloop op ’n heerlike aand in die warm, rustieke atmosfeer van Rustic Bloom Barn.

My grootste wens is dat my man nog vir baie jare geseënd sal wees om hierdie besondere pad saam met my te stap — om saam met my elke funksie en geleentheid wat ons by Rustic Bloom Barn aanbied, te beleef, te deel en te geniet. Mag ons nog baie mooi herinneringe hier maak, nie net vir onsself nie, maar ook vir elke mens en gesin wat ons die voorreg het om hier te verwelkom.

Dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale aand en dit saam met ons onvergeetlik gemaak het.

By Rustic Bloom Barn glo ons dat elke besondere mylpaal ’n plek verdien waar mooi herinneringe gemaak word.

📍 Rustic Bloom Barn – waar spesiale oomblikke en kosbare herinneringe bymekaarkom.

Aleyah se babatee Op 4 Julie het ons die voorreg gehad om mamma Alecia en pappa Willem se babatee by Rustic Bloom Barn a...
11/10/2026

Aleyah se babatee

Op 4 Julie het ons die voorreg gehad om mamma Alecia en pappa Willem se babatee by Rustic Bloom Barn aan te bied. Dit was so ’n mooi dag vol liefde, sagte kleure en opgewondenheid oor die klein dogtertjie wat binnekort hul wêreld sou verander.

Op 24 September het klein Aleyah uiteindelik haar plekkie in mamma en pappa se arms kom inneem.

Liewe Alecia en Willem, ons wens julle soveel mooi oomblikke saam met julle dogtertjie toe. Mag julle elke dag die mooiste liefde ervaar en mag Aleyah vir julle oneindige vreugde bring.

Baie geluk met julle kosbare klein meisietjie! Dankie dat julle Rustic Bloom Barn gekies het om deel te wees van hierdie spesiale tyd in julle lewens. Dit was vir ons ’n voorreg om saam met julle herinneringe te maak wat julle nog lank sal koester.

Baie liefde,
Rustic Bloom Barn

Your dream wedding starts at Rustic Bloom Barn A beautiful rustic farm venue where love, family, and unforgettable memor...
21/06/2026

Your dream wedding starts at Rustic Bloom Barn

A beautiful rustic farm venue where love, family, and unforgettable memories come together.

📍 Bethal, Mpumalanga

Book your special day today.

Mauritz se 40ste Verjaarsdagviering Wat 'n besonderse geleentheid by Rustic Bloom Barn!Met pragtige dekor, koningsblou a...
02/06/2026

Mauritz se 40ste Verjaarsdagviering

Wat 'n besonderse geleentheid by Rustic Bloom Barn!

Met pragtige dekor, koningsblou aksente, sagte liggies en natuurlike groen-elemente is die perfekte atmosfeer geskep vir 'n aand vol lag, liefde en kosbare herinneringe.

Geluk met jou 40ste verjaardag, Mauritz! Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met vreugde, sukses en baie geseënde oomblikke.

Viljoen TroueOns eerste troue by Rustic Bloom Barn Wat begin het as ’n droom tussen vriende, het ’n werklikheid geword v...
01/05/2026

Viljoen Troue

Ons eerste troue by Rustic Bloom Barn

Wat begin het as ’n droom tussen vriende, het ’n werklikheid geword vol liefde, betekenis en onvergeetlike oomblikke.

Mari-Louise Zondagh en Robey Viljoen – dankie dat julle ons eerste bruidspaar was. Julle liefde het hierdie begin só besonders gemaak.

Venue en kos - Rustic Bloom Barn
Fotograaf - Donovan Roets Photography
DJ - Grimmies Music & Photography
Hair - Natasha Van Der Berg

Address

Bangley Street, Farm Eerste Geluk Die Denne
Bethal
2309

Telephone

+27793703476

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rustic Bloom Barn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share