Die grootste musiek fees in die Overberg ooit!!!! Vanaf 16 tot 20 Desember 2015 hou ons die OVERBERG “Op Die Plaas” FEES te Bredasdorp in die Wes-Kaap. Die OVERBERG “Op Die Plaas” FEES beloof om nie net ‘n “moerse lekker musiek fees” te wees maar ook ‘n geleentheid om die mees Suidelikste punt van Afrika se natuurskoon, sy mense en sy strande te geniet. ‘n Heerlike bestemming om vir ‘n paar dae te kom ontspan. Wat gebeur by hierdie fees? Hier kan jy met jou tent, karavaan of bakkie kom kamp op die fees terein, slegs 2.5km van die dorp. Die fees terein is naby die baie gewilde Waenhuiskrans en Struisbaai kusdorpe. Die fees kamp area is informeel, maar storte en toilette is beskikbaar (onthou dit is op ‘n plaas). ‘n Restaurant word vir die fees termyn op die perseel aangebring. ‘n Bier tent sal beslis daar wees! Etlike gehalte stalletjies word verwelkom wat onder ‘n groot tent gehuisves sal word. Selfs buite stalletjies sal daar wees. Genoeg voedsel op die perseel biskikbaar. ‘n Pretpark vir kinders word ook aangebied. Gedurede hierdie fees vind die kroning van die Mej en Mev Overberg ook plaas. Die finale rondte van hierdie gesogte skoonheids kompetisie word hier aangebied. Die wenner van die Nu-Talent-SA sangers, groep en/of band liedjie skrywers kompetisie word tydens die fees bekend gemaak en sal ook hier optree. Hierdie is ‘n landswye kompetisie. Op die verhoog beloof ons om u te vermaak met van ons gewildste, asook die room van die Kaap se sangers, beslis iets om na uit te sien . Maak hierdie fees deel van u jaarlikse vakansie. Toegang kaartjies vir die 5 dae termyn van die fees sal spoedig by iTicket beskikbaar wees. Om u oornag kamp-ruimte te bespreek, skakel vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Net ‘n beperkte aantal staanplekke sal beskikbaar wees. Die kampplekke sal baie billik wees en almal sal dit kan bekostig, geen ander plek bied dit teen ons prys. Dag-besoekers sal toegangsgelde by ingang kan betaal, maar is ook beskikbaar by iTicket. ‘n Voldag-program word elke dag aangebied. Dus beloof hierdie fees om ‘n GROOT gebeurtenis in die Overberg area te wees. Reeds beskik ons oor die beste klank toerusting vir ‘n buitelig fees denkbaar en baie navrae om stalletjie ruimte is ontvang, maar nog ruimte is beskikbaar. Doen gerus u Kersfees inkopies hier by die fees! Die Overberg “Op Die Plaas” Fees gaan ‘n “moerse lekker gebeurtenis wees”. Ons kyk uit vir jou!!! Bring jou stoel, hoed, tent,bakkie of karavaan! Vir jou bekostigbaarste vakansie in Desember by ‘n fees ooit!!!! Tel. 0795058450 Sien ook:- Gaan Groot Musiek Produksies op FB-page. E-Pos: [email protected]