28/08/2026
Namibië se krieketspan het vandag in Windhoek vir die tweede keer binne 'n jaar met Suid Afrika afgereken in die eerste wedstryd van die driehoekige reeks T-20 wedstryde wat ook Zimbabwe insluit. Vir Namibië wat eerste gekolf het, het Freilink met 60 en Steenkamp met 41 'n stewige grondslag gelê vir 'n totaal van 163/9 na 20 boulbeurte. Suid Afrika kon net 145 aanteken waarvan Dewald Brewis 'n stewige 75 aangeteken het en die sesse laat reën het. Trumpelman met 3/24 was Namibië se beste bouler. Suid Afrika speel môre teen Zimbabwe weer op dieselfde veld. Ek was bevoorreg om dit te kon afneem.