Die Strydoms Spyseniering

Die Strydoms Spyseniering With almost two decades of experience working in the food industry the love for cooking has become a family affair. We love to do event catering over weekends.

Our goal is to serve the event catering marketing. For the love of cooking

“La Dolce Vita” is Italian for “The Sweet Life.” 🇮🇹It represents a way of living that embraces good food, beautiful surr...
30/08/2026

“La Dolce Vita” is Italian for “The Sweet Life.” 🇮🇹

It represents a way of living that embraces good food, beautiful surroundings, family and friends, celebration, relaxation and enjoying the simple pleasures of life!!!!!

Saterdag se Kombuistee se dames het verseker hierdie sinsnede uitgeleef. Die jong bruid omring deur vriendinne en familie skets die mooiste prentjie van liefde.

Italiaanse kos is eenvoudig VOL karakter.

Vars tamaties, kruie, olyfolie, knoffel, kaas, suurlemoen en varsgebakte brood vorm die hart van ’n tafel wat bedoel is om gedeel en geniet te word.

Pasta, kleurvolle antipasti en vars slaaie elke gereg vertel ’n storie rondom die tafel.

Onthou om JOU tafel van die lewe noukeurig te DEK en mag die Here elke sitplek om jou tafel kom vul met hartsmense.


Vir baie jare het ek die voorreg om troues se spyseniering te doen. Die mooiste mooi is die familie tyd wat so 'n dag ve...
24/08/2026

Vir baie jare het ek die voorreg om troues se spyseniering te doen.

Die mooiste mooi is die familie tyd wat so 'n dag verteenwoordig. Om te beleef hoe die bruid en haar bruidsmeisies die oggend voor die groot "I do" saam kuier en lag en gesels en soms ook skarrel om die bruid reg te kry vir haar bruidegom.

Dis waarvoor die lewe gemaak is.

Baie keer maak ons ook die eetgoed vir die oggend want om sjampanje op te slurp op leë maag is nie altyd wys nie.

Hierdie vars platters is 'n wenner!!!


Ter ere van Vrouemaand het ek die resep probeer wat 'n kollega gedeel het.'n Suid-Afrikaanse Rooibos en Karamelroom Vani...
15/08/2026

Ter ere van Vrouemaand het ek die resep probeer wat 'n kollega gedeel het.

'n Suid-Afrikaanse Rooibos en Karamelroom Vanieljekoek

Lewer: 1 groot ronde koek, ongeveer 22–24 cm
Oond: 180 °C

Bestanddele:

Koek:
1 kg Snowflake EasyMix Vanilla Flavoured Cupcake Mix

4 ekstra-groot eiers

250 ml kookolie

400 ml melk

3 Rooibos-teesakkies

150 ml kookwater

Rooibos-stroop
2 Rooibos-teesakkies

200 ml kookwater

2 eetlepels suiker

1 teelepel vanieljegeursel

Karamelroom
1 blik Caramel Treat

500 ml vars room, baie koud

1 teelepel vanieljegeursel

2 eetlepels suiker

👩‍🍳 Metode

1. Maak die sterk Rooibos

Plaas die 3 teesakkies in 150 ml kookwater en laat dit 8–10 minute trek. Verwyder die teesakkies en laat die Rooibos heeltemal afkoel.

2. Berei die koek voor

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Voer ’n 22–24 cm ronde koekpan met bakpapier uit en smeer die kante liggies.

Klits die 4 eiers, 250 ml olie en 400 ml melk liggies saam. Voeg die Snowflake EasyMix by en meng met ’n klitser totdat die beslag glad is. Moenie dit oormeng nie. Dit volg die basiese Snowflake-metode.

3. Voeg die Rooibosgeur by

Roer ongeveer 100 ml van die afgekoelde sterk Rooibos by die beslag.

Gooi die beslag in die voorbereide koekpan en bak vir ongeveer 35–45 minute, of totdat ’n stokkie in die middel skoon uitkom.

Laat die koek vir 10 minute in die pan afkoel en keer dit dan uit op ’n draadrak om heeltemal koud te word.

Rooibos-stroop

Terwyl die koek afkoel, maak die stroop.

Plaas die 2 Rooibos-teesakkies in 200 ml kookwater en laat dit ongeveer 8 minute trek.

Verwyder die teesakkies. Roer die suiker en vanielje by terwyl die Rooibos nog warm is.

Laat dit afkoel.

Sodra die koek koud is, sny dit horisontaal in 2 of 3 lae.

Drup of verf ’n bietjie Rooibos-stroop oor elke laag. Moenie die koek deurnat maak nie – net genoeg om dit geurig en sappig te maak.

🤎 Karamelroom

Klits die koue vars room tot sagte punte vorm.

Voeg die Caramel Treat, vanielje en ’n klein knippie sout by.

Klits net totdat jy ’n dik, romerige karamelvulsel kry.

> Wenk: Moenie die room oorklits nie. Jy wil ’n sagte, luukse karamelroom hê wat maklik smeer.

🎂 Bou die koek

Plaas die eerste koeklaag op jou koekbord.

Smeer ’n ruim laag karamelroom bo-op.

Plaas die tweede koeklaag daarop en herhaal.

Plaas die laaste laag bo-op en bedek die hele koek met die res van die karamelroom.

Vir die voorkoms van jou foto kan jy die room met ’n sterpunt-spuitsak in verskillende klein rosette, swirls en pieke bo-op die koek spuit.

Drup ’n klein bietjie karamel tussen die rosette en eindig met ’n baie ligte sprinkel van fyn Rooibos.

02/07/2026

Baie dankie vir almal se ondersteuning die laaste maand ons was omtrent besig!!!

Net so 'n FYI ons is vol bespreek met "events" vir Oktober.

Kontak ons vir jou geleentheid se spyseniering veral troues ons geniet 'n lekker bruilofsfees!!!!!

The perfect starter for any event or this can even be the full menu.
20/06/2026

The perfect starter for any event or this can even be the full menu.

19/06/2026
Hierdie is baie naby aan my hart. 'n Dag gevul met Jesus liefde en bederf.Ons nuutste partytjie pakket is ideaal vir jou...
17/06/2026

Hierdie is baie naby aan my hart. 'n Dag gevul met Jesus liefde en bederf.

Ons nuutste partytjie pakket is ideaal vir jou dogtertjie se volgende verjaarsdag partytjie!!!

Of dalk jou eie???

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom.

Mail ons: [email protected]

My gesin is honger en die koue byt ons tone. Wat is beter as sop!!!En ek onthou my Krulkop vriendin Yollies se Meksikaan...
14/06/2026

My gesin is honger en die koue byt ons tone. Wat is beter as sop!!!
En ek onthou my Krulkop vriendin Yollies se Meksikaanse sop.

Hier is 'n heerlike Meksikaanse Hoendersop wat ongeveer 2 liter sop maak:

Bestanddele

500 g hoenderborsies of hoenderdye, in blokkies gesny

OF koop 'n gaar hoendertjie

1 eetlepel olyfolie

1 medium ui, fyn gekap

1 eetlepel knoffel

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

1 teelepel komyn

1 teelepel gerookte paprika

½ teelepel brandrissiepoeier (opsioneel)

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) soetmieliepitte, gedreineer

1 liter hoenderaftreksel

500 ml water

1 blikkie (410 g) swartbone of rooi nierbone, gedreineer (opsioneel)

Sout en swartpeper na smaak

Sap van 1 lemmetjie

Vir bediening
Vars koljander, gekap
Avokado, in blokkies
Gerasperde kaas
Tortillaskyfies of nachos
Suurroom

Metode
Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol.

Braai die ui vir 3–4 minute tot sag. Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut.

Voeg die hoender by en braai tot liggies bruin.

Voeg die soetrissies, komyn, paprika en brandrissiepoeier by. Roer vir 1 minuut.

Voeg die tamaties, mielies, hoenderaftreksel en water by.

Laat kook, verlaag die hitte en prut vir ongeveer 25 minute.

Voeg die bone by (indien gebruik) en prut nog 10 minute.

Geur met sout, peper en die lemmetjiesap.

Bedien warm met vars koljander, avokado, kaas, suurroom en tortillaskyfies.

Wenk
Vir 'n romeriger sop kan jy aan die einde 250 ml vars room of 125 g roomkaas byroer.

Address

32 Haarlem Street
Worcester
6850

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Strydoms Spyseniering posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category