Die Strydoms Spyseniering

Die Strydoms Spyseniering With almost two decades of experience working in the food industry the love for cooking has become a family affair. We love to do event catering over weekends.

Our goal is to serve the event catering marketing. For the love of cooking

02/07/2026

Baie dankie vir almal se ondersteuning die laaste maand ons was omtrent besig!!!

Net so 'n FYI ons is vol bespreek met "events" vir Oktober.

Kontak ons vir jou geleentheid se spyseniering veral troues ons geniet 'n lekker bruilofsfees!!!!!

The perfect starter for any event or this can even be the full menu.
20/06/2026

The perfect starter for any event or this can even be the full menu.

19/06/2026
Hierdie is baie naby aan my hart. 'n Dag gevul met Jesus liefde en bederf.Ons nuutste partytjie pakket is ideaal vir jou...
17/06/2026

Hierdie is baie naby aan my hart. 'n Dag gevul met Jesus liefde en bederf.

Ons nuutste partytjie pakket is ideaal vir jou dogtertjie se volgende verjaarsdag partytjie!!!

Of dalk jou eie???

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom.

Mail ons: [email protected]

My gesin is honger en die koue byt ons tone. Wat is beter as sop!!!En ek onthou my Krulkop vriendin Yollies se Meksikaan...
14/06/2026

My gesin is honger en die koue byt ons tone. Wat is beter as sop!!!
En ek onthou my Krulkop vriendin Yollies se Meksikaanse sop.

Hier is 'n heerlike Meksikaanse Hoendersop wat ongeveer 2 liter sop maak:

Bestanddele

500 g hoenderborsies of hoenderdye, in blokkies gesny

OF koop 'n gaar hoendertjie

1 eetlepel olyfolie

1 medium ui, fyn gekap

1 eetlepel knoffel

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

1 teelepel komyn

1 teelepel gerookte paprika

½ teelepel brandrissiepoeier (opsioneel)

1 blik (410 g) gekapte tamaties

1 blik (410 g) soetmieliepitte, gedreineer

1 liter hoenderaftreksel

500 ml water

1 blikkie (410 g) swartbone of rooi nierbone, gedreineer (opsioneel)

Sout en swartpeper na smaak

Sap van 1 lemmetjie

Vir bediening
Vars koljander, gekap
Avokado, in blokkies
Gerasperde kaas
Tortillaskyfies of nachos
Suurroom

Metode
Verhit die olyfolie in 'n groot kastrol.

Braai die ui vir 3–4 minute tot sag. Voeg die knoffel by en braai nog 1 minuut.

Voeg die hoender by en braai tot liggies bruin.

Voeg die soetrissies, komyn, paprika en brandrissiepoeier by. Roer vir 1 minuut.

Voeg die tamaties, mielies, hoenderaftreksel en water by.

Laat kook, verlaag die hitte en prut vir ongeveer 25 minute.

Voeg die bone by (indien gebruik) en prut nog 10 minute.

Geur met sout, peper en die lemmetjiesap.

Bedien warm met vars koljander, avokado, kaas, suurroom en tortillaskyfies.

Wenk
Vir 'n romeriger sop kan jy aan die einde 250 ml vars room of 125 g roomkaas byroer.

23/05/2026

Address

32 Haarlem Street
Worcester
6850

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Strydoms Spyseniering posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category