12/10/2026
🌿 (Ouma) Mary se 80ste 🌿
Dit is altyd vir my ’n groot eer om my passie en liefde vir wat ek doen, te kan gebruik om die spesiale oomblikke van mense na aan my hart nóg meer besonders te maak. 🤍
’n Heerlike oggend met sagte sonnetjies, ’n lang tafel vol liefde en lag, en die mooiste mense saam om dit te vier. ✨
Dit is die klein oomblikke, die lekker kuier en die herinneringe wat vir altyd vasgevang word, wat ’n funksie werklik spesiaal maak.
By A&I Fynbos doen ons nie net troues nie — ons help om enige geleentheid besonders te maak. Van verjaarsdae tot intieme kuiergeleenthede en alles tussenin. 🌿
Want elke mylpaal verdien om gevier te word. 🤍
Blomme & dekor: A&I Fynbos
Kos en koeke: Anne se Spens & Henriette Otto
Venue: BC Wines Venue
Foto's: MI Vision Photography