04/09/2026
Beplan julle troue en soek ietsie spesiaals wat julle groot dag nog meer persoonlik maak? ❤️
Ons glas snyborde kan spesiaal vir julle ontwerp word, met julle name, troudatum, ’n spesiale boodskap, foto of illustrasie wat iets van julle twee vertel.
Maar hier is nog ’n oulike idee… 👀
Gebruik dit as tafelplasings! ✨
Elke gas kan sy of haar eie gepersonaliseerde glasbordjie met hul naam kry! ’n Mooi deel van die tafelopstelling wat hulle sommer daarna as ’n klein geskenkie huis toe kan neem. 🥰
Dit kan ook gebruik word as:
👰 Geskenke vir die bruid & bruidegom
🥂 Bridesmaids & groomsmen
❤️ Geskenke vir ouers & skoonouers
✨ Persoonlike herinnering aan julle troudag
🍽️ Tafelplasings vir julle gaste
En omdat elkeen persoonlik ontwerp kan word, kan julle dit heeltemal julle eie maak. Een ontwerp, soveel moontlikhede, en iets wat lank ná die troue nog ’n herinnering aan julle spesiale dag sal wees. ❤️
Kom kuier vir ons en bring julle idees saam, of stuur vir ons ’n boodskap om te gesels oor wat julle in gedagte het.
📍 166 Cradock Ave, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
📞 012 346 7553
📩 [email protected]