07/11/2025
Kan iemand in PTA area ons asb help. Klein Hanru is in PTA hospitaal en met die gejaag het hulle nie kans gehad om vir hom speelgoed saam te vat nie. As enige iemand in daai area dalk net iets vir hom Kan gaan aflaai waarmee hy homself Kan besig Hou terwyl hy in die hospitaal is. Enige iets. Hy is by netcare Unitas Pretoria
ontology ward kamer 3. Kan my sommer n inbox stuur Dan stuur ek sy mamma se nr aan.
Ons het sondag agtergekom dat Hanru met koors begin het. By die ER het hulle gesê dit is 38°C en dat ons maar Huis to Kan gaan
deur die loop van die aand het sy koors egter gestyg na 38.5°C — ek kon dit nie breek nie, en hy het begin met los maag.
Teen 2-uur maandag oggend het Hanru begin braak met erge diarree, en sy koors het opgeskiet na 41°C.
Ons het nie twee keer gedink nie — direk ER toe. Sy suurstof was baie laag, net 57, en die hoogste wat hulle kon kry was 70. Hulle het hom toe oorgevat na resus en hom op suurstof gesit.
Hy is toe opgeneem in die saal. Bloedtoetse wys daar is ’n infeksie êrens in Hanru se lyf. Sy platelet count is gevaarlik laag, donderdag het hulle Hom medical ICU to geskuif en het plaaitjies gekry en Hy is gister oggend met die ambulance oor geplaas pta to
Hy is tans in isolasie
Na ’n baie moeilike nag en oggend met min tot geen slaap. In die vroeë oggendure het Hanru bloed ontvang.
magnesiumvlakke en Ander vlakke is Baie laag — dit het veroorsaak dat sy handjies styf trek Hy kry n drip Vir dit
🧪 Die bloedkulture van die toetse wat by die hospitaal in sy tuisdorp gedoen is, het gewys:
1️⃣ ’n Virus in sy bloed wat binne net drie dae vinnig ontwikkel het.
2️⃣ Twee bakteriële infeksies wat in sy stoeltoetse gevind is.
Verdere toetse in Pretoria het getoon dat sy bloedtelling steeds baie laag is. Die dokters het hom op ’n ligte dosis morfien gesit om sy pyn te help beheer — wat op 15 uit 10 geskat is 😢.
Die meeste van sy medikasie word nou deur ’n drup gegee, met slegs 2 van die 3 antibiotika wat mondelings gegee word, aangesien te veel orale medikasie ernstige braking veroorsaak. Gelukkig, met die morfien, kon hy ’n bietjie rustiger slaap.