Stempel

Stempel Homegrown flowers for every occasion. Hand picked and carefully boxed for the ideal gift.

Nou gaan sy die mooiste blomme saam die lekkerste kos kan voorsit! Baie geluk Nadine! Mag jou kos nog vele harte, en mag...
03/09/2026

Nou gaan sy die mooiste blomme saam die lekkerste kos kan voorsit!

Baie geluk Nadine! Mag jou kos nog vele harte, en magies, vol maak 😉

Geniet die bederf-boks!

Wanneer 'n geskenk meer as 'n geskenk word. 🌸Vir Lew Geffen Sotheby's International Realty het ons iets besonders saamge...
01/09/2026

Wanneer 'n geskenk meer as 'n geskenk word. 🌸

Vir Lew Geffen Sotheby's International Realty het ons iets besonders saamgestel: 'n korporatiewe geskenk om hulle kliënte te bederf. Vars blomme, plaaslik gekweek en met die hand gekies, gerangskik en met liefde toegedraai, saam met 'n paar fyn bederfies in elke boks.

Want soos die boks self sê, luukse is nie 'n pryskaartjie nie, dit is 'n ervaring.

En ja, Stempel doen korporatiewe geskenke. Of dit nou vir jou kliënte, jou span of jou geliefdes is, ons pak elke boks met dieselfde sorg, sodat elke boks 'n storie vertel.

Bederf jou mense met 'n Stempel-geskenk
Bestellings: 072 445 5931

'n Bietjie sonskyn in jou hande. Plaaslik gekweekte blomme, met die hand gekies, gesny en met liefde gerangskik tot een ...
27/08/2026

'n Bietjie sonskyn in jou hande. Plaaslik gekweekte blomme, met die hand gekies, gesny en met liefde gerangskik tot een vrolike boeket. Die soort geskenk wat 'n hele dag lig maak. Bederf iemand spesiaal, of bederf jouself.

Bestellings: 072 445 5931

Blomme vir 'n baie spesiale aand.Ons was trots om die blomme vir Mej Kwagga 2026 te borg. Elke steel wat sy vashou, is h...
24/08/2026

Blomme vir 'n baie spesiale aand.

Ons was trots om die blomme vir Mej Kwagga 2026 te borg. Elke steel wat sy vashou, is hier by ons gekweek, met die hand gesny en met sorg gerangskik, spesiaal vir hierdie oomblik.

Nes elke blom sy eie mooi het, so het elke meisie wat daardie aand op die verhoog gestaan het ook haar eie.

Dankie aan Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) dat ons deel van die aand kon wees.

Beplan jy 'n geleentheid en soek jy blomme?
Bestellings: 072 445 5931

Elke oggend loop ons deur die tuin en kyk wat blom, en daar, tussen die stele, word die kleur van die dag gebore.Gister ...
20/08/2026

Elke oggend loop ons deur die tuin en kyk wat blom, en daar, tussen die stele, word die kleur van die dag gebore.

Gister warm rooi en groen, vandag iets heel anders. Nes geen twee dae ooit dieselfde lyk nie, so is geen twee bokse ooit dieselfde nie.

Ons kies elke steel met die hand, sny met sorg, en draai elke boks met liefde toe. Elke boks vertel sy eie storie, die ideale geskenk om iemand mee te bederf.
Bestellings: 072 445 5931

18/08/2026

Elke boks word met liefde gepak, en elke boks is so uniek soos die persoon wat dit ontvang.

Hetsy dit ‘n verjaarsdag, of sommer net ‘n bederf is, maak dit spesiaal.

Bestellings: 072 445 5931

Augustus is propvol kosdae. Wafels, sopmiddae, burgers, persketert, sponskoek, geroosterde malvalekkers. Elkeen met sy e...
17/08/2026

Augustus is propvol kosdae. Wafels, sopmiddae, burgers, persketert, sponskoek, geroosterde malvalekkers. Elkeen met sy eie plek op die nasionale kalender, want dit is die maand waarin die hele land kos vier. En agter elke een staan 'n vrou wat weet hoe om mense om 'n tafel bymekaar te bring.

Nomineer haar. Merk haar naam in die kommentaar en vertel ons in een sin wat sy maak wat niemand kan namaak nie. Sy kry 'n handgeplukte Stempel Blomme boks by haar voordeur.

Kos is haar manier om liefde te wys. Blomme is ons s'n.

Elke boks vertel 'n storie, en hierdie een fluister net een woord: liefde. 💛Vir daardie spesiale ma, of vir die vrou wat...
13/08/2026

Elke boks vertel 'n storie, en hierdie een fluister net een woord: liefde. 💛

Vir daardie spesiale ma, of vir die vrou wat altyd vir almal sorg, het ons 'n geskenkboks saamgestel wat reg uit die hart kom. Vars, hand-geplukte blomme van ons plaas, saggies toegedraai en aangevul met klein bederfies wat sommer 'n glimlag bring.

Want soms sê 'n mooi ruiker net meer as wat woorde kan.

Nes elke blom uniek is, so is elke boks met liefde saamgestel, net vir jou mens. Laat ons help om jou liefde mooi in te pak.
Bestellings: 072 445 5931

Sommige oomblikke vra vir méér as net blomme. Hierdie een is die groot bederf, spesiaal saamgestel om al die sintuie te ...
11/08/2026

Sommige oomblikke vra vir méér as net blomme.

Hierdie een is die groot bederf, spesiaal saamgestel om al die sintuie te vier. 'n Merlot vir die stadige aande, sjokolade wat sag op die tong smelt, en 'n handgeplukte boeket wat ons hier met liefde toegedraai het. Nes elke steel met die hand gekies is, so is elke geskenk met sorg gepak.

Vir 'n herdenking, 'n groot dankie, of net omdat iemand dit verdien.

Bestellings: 072 445 5931

Address

George
6529

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27724455931

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stempel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Stempel:

Shortcuts

Share

Category