20/10/2026
Kyk wat is alles in hierdie een: leeubekkies wat nog moet oopgaan, wit kantblom, lila skabiosa, blou ridderspoor en 'n diep rooi wat net hierdie tyd van die jaar so meng.
Niks hiervan is uitgedink nie. Die seisoen kies die kleur, ons kies net die mooiste steel met die hand en draai dit met liefde toe.
Nes die tuin verander, so verander elke boeket wat ons pak.
Bestellings: 072 445 5931