07/12/2025
Ons het gister baba Amorey se koms gefier saam met haar liefste mamma Mariaan. Dit was 'n ongelooflike mooi, elegante en spesiale daggie vol liefde, geluk en n bietjie verf!
Mariaan was omring met haar familie em vriende en bederf met die mooiste geskenkies.
Die venue: Tea on the Stoep is n ongelooflike vrolike, intieme, en beeldskone spasie met die mooiste tuine en die lekkerste kos!!
Baie dankie Tharzel Artistic Creations vir die mooi gedrukte cutouts, Salút vir die designs, en Lazarious vir die gegrafeerde houtjies en gaste boek!
Tannie Adel en liefste Yolanda het die mooiste,ees spesiaalste funksie gereel!
Die mooiste peach peonies van Le Peony Flowers
Ons het soveel pret en plesier gehad met die verf van die mobile kot en playgym items! Hulle het so mooi uitgedraai!