11/06/2026
Gisteraand was weereens ń Geesvervulde aand.
Eulinda het ons met kreatiwiteit bedien uit die boek Joshua.
Hierdie storie is een van gehoorsaamheid, vertroue en hoop.
Ons juig en prys die Vader ook vandag vir die beantwoording van gebede. Celeste wat 'n nuwe werk gekry het en dis werklik 'n DREAM JOB.
Vir Sonskyn Sonja, wat klaar is met haar kankerbehandeling en die prognose wat uitstekend lyk.
Ons juig vandag, alle eer aan God.
Ons wil ook dankie sê vir al die Battle Girlz se voedsel bydraes tot 'n plaaslike kinderhuis.